Translate

Monday, July 31, 2023

Liszt & Rachmaninoff: Musical Masters

Gerrit Koorsen & Eugene Joubert
Despite the shivering cold, wrapped in blankets and warm clothes, the enthusiastic Stilbaai music lovers'expectations were surpassed with a masterful performance of works by Liszt and Rachmaninoff for voice, cello and piano. The skilled and talented artists were the coloratura soprano Anina Wasserman, pianist Eugene Joubert and cellist Gerrit Koorsen. 

Die program is ingelei deur ‘n manjefieke uitvoering van Liszt se Tre sonetti di Petrarca deur Wasserman en Joubert. Dit was die eerste keer dat hierdie werk in Suid Afrika uitgevoer is. Liszt se gebruik van die stem en die ontwikkeling van die klaviertegniek speel ‘n belangrike rol in hierdie werk. Vanuit die staanspoor was dit duidelik dat Liszt, sowel as Rachmaninoff, die stem, tjello en klavier as volwaardige gelyke partye hanteer wat deurentyd met mekaar op ‘n gelyke vlak “kommunikeer”.  Wasserman se uitsonderlike warm, soet en ryk stem met haar meesterlike asembeheer en korrekte plasing van note, tesame met Joubert se virtuose hantering van uiters moeilike passasies op die klavier, het die gehoor in vervoering gehad.

Anina Wasserman
 The program was further enriched by works of Rachmaninov, including Two Romances: How fair this Spot (Op 21 no 7) and Spring Waters (Op 14 no 1). Wasserman's excellent singing technique was once again displayed with the exceptionally high notes in the first song, which she handled effortlessly. Joubert's portrayal of water streams in his piano performance of Spring Waters deserves special mention.

Die hoogtepunt van die program was Rachmaninoff se Sonata vir Tjello en Klavier, Op 19. Hierdie werk toon duidelik 'n "tweegesprek" tussen die tjello en klavier waar romantiese emosies deur die musiek uitgebeeld word.... 'n reis vir die siel. Die meeste van die temas is deur die klavier bekendgestel, terwyl die temas in die tjello-party versier en uitgebrei word. Groot dinamiese vlak verskille, deurentydese tempo-wisselings, die gebruik van die hele omvang van die klavier en onvergeetlik melodieë, dra by tot dié grootse werk. Alhoewel hierdie sonate beslis tegniese en musikale uitdagings vir die tjellis bied, is dit 'n uiterste uitdaging vir die pianis. 'n Befaamde pianis het eenmaal gesê dat " net die mees bekwame pianiste is in staat om moeilike skryfwerk en teksture van hierdie stuk te handteer". Hierin het Joubert met besondere onderskeiding geslaag. Koorsen as tjellis se uitstaande musikaliteit, puik speeltegniek en klokhelder intonasie op die tjello, tesame met Joubert se uitsonderlike klavierspel in die uitvoering van hierdie werk, sal nog lank onthou word. 

What a privilege to have been able to host these extremely talented artists in Stilbaai! We eagerly look forward to their next performance here. 

PS The brilliant Polish pianist Josef Hofmann once said.... "Rachmaninoff was created from steel and gold: steel in the hands and gold in the heart."

Nina du Toit

No comments: