Translate

Saturday, June 10, 2023

VIVIAMO per L’ARTE 19 Mei 2023

Albie van Schalkwyk
Pam Wijnberg
Nerina von Mayer

Gedurende die afgelope konsert van VIVIAMO per L’ARTE was Kahlil Gibran se stelling  dat “Music is the language of the spirit. It opens the secret of life, bringing peace……”  so van pas. Die fyn musikale aanvoeling tussen die simpatieke begeleiding deur uiters begaafde Albie van Schalkwyk en talentvolle fluitspelers Pam Wijnberg  en Nerina von Mayer, het die gehoor aangegryp en ‘n gevoel van vrede  gebring. Dit was die grondslag vir ‘n besondere hoogstaande en aangename musikale aand se uitvoering van werke van Doppler, Bach, Ravel, Debussy, Bizet and Clarke.

Debussy se Petit Suite wat uit vier verskillende komposisies bestaan, verdien veral vermelding. Elke stuk beeld ‘n spesifieke toneel uit en is meesterlik hanteer deur die drie kunstenaars.  In die eerste stuk, En Bateau, word golwe deur vloeiende begeleiding en lang legato note in die melodie uitgebeeld. Die uitstekende hantering van die eggo-tegniek, sowel as die tipe “vraag-en-antwoord” gedeelte tussen die twee fluite, verdien ook vermelding.

One of the highlights of the evening was the performance of J S Bach’s Concerto in D min, where the accompanying piano forms the basis for the flutes – excellently presenting Bach’s counterpoint style. The musical rapport between the musicians, outstanding technique, perfect intonation, breath control and variation in dynamic levels, all contributed to an exceptional performance.

‘n Verfrissende insluiting in die program was Ravel se vyf kort komposisies naamlik Ma Mere L’Oye, “Mother Goos Suite”, Pavane de la Belle au bois dormant, Laideronette en Le Jardin Feerique,  wat deur Albie van Schalkwyk en Nerina von Mayer vir twee fluite, piccolo, gong en klavier verwerk is. Hierdie komposisies wat op Sleeping Beauty se storie gebasseer is, is met deurentydse variasies in die gebruik van instrumente, dinamiese vlakke, verskillende temas en tempos, uitsonderlik uitgevoer.

After a well-earned standing ovation for such an enjoyable evening, the audience was treated to the sprightly Polka from Shostakovich’s Five Pieces for two violins and piano, as encore.

The cold May evening was forgotten in the warm atmosphere of exceptional music performed by VIVIAMO per L’ARTE’s three talented musicians.

 As Ayers rightly said: The true beauty of music is that it connects people…..

Nina du Toit

No comments: