Translate

Saturday, March 25, 2023

23 Maart 2023: Karlsruhe Konzert Duo betower Stilbaai

The Karlruhe Konzert-Duo with cellist Reinhard Armleder and pianist Dagmar Hartmann has been in existence since 1998 and shot to fame after winning several prestigious national and international competitions. The Duo is in very high demand both in Germany and around the world. We were very privileged to welcome these highly acclaimed musicians again here in Stilbaai.

Hulle is bekend vir die verbeeldingryke samestelling van die programme wat hulle aanbied en het beslis nie teleurgestel nie. Inteendeel! Hulle het die gehoor meegesleur met 'n goed gebalanseerde, toeganklike program vir die fynproewer. 

The programme started with Beethoven's Sonata in D Major, Op 102, no 2. From the start Reinhard showed his brilliance on the cello with the robust, heroic first movement, Allegro con brio. The long third movement Adagio, was a tender, sentimental contrast which highlighted both artists' musicality and their ability to interpret the brooding, gentler themes. 

Die program is voortgesit met twee komposisies van Dvorák. Silent Woods op. 68/5 No 5 en die Slavonic Dance op 46/8. Die danse vorm deel van 'n series van 16 orkesstukke gekomponeer tussen 1878 en 1886 en is oorspronklik vir die klavier geskryf vir 4 hande. Dis is geinspireer deur Johannes Brahms se Hongaarse volksdanse. Die Slavonic dance no 8 is baseer op die Boheemse volksdans Furiant en is deur die komponis self verwerk vir tjello en klavier, vir sy vriend, die tjellis Hanus Wihan. Hierdie lewendige, opgewekte musiek is steeds van Dvorák se gewildste komposisies. Soos te verwagte is die stukke uitmuntent voorgedra deur die twee musikante. Dit was opvallent hoe totaal hulle op mekaar ingestel is - al kon Dagmar weens die kragonderbreking, nie vir Reinhard sien nie. Sy sê sy is ingestel op sy asemhaling - want dit dui die tempo van elke stuk aan!

The highlight of the evening was Johannes Brahms' Hungarian Dance no.1 which was arranged for piano and cello by the Italian virtuoso cellist, Alfredo Piatti. This piece clearly demonstrated the astounding virtuosity of Reinhard on the cello. It was absolutely superb and had the audience in awe. Brahms wrote 21 of these "gypsy style" dances which were among the most lucrative works he ever composed and Dance no. 1 was an excellent choice to include in the programme.

Na 'n kort pouse was dit Dagmar se beurt om te skitter met Chopin se Sonata in G Mineur op. 65. Dit was veral in die eerste beweging, die Allegro moderato, waar die klavier die botoon vier en sy haar sterk, positiewe aanslag op die klavier meesterlik kon demonstreer. Dit is 'n merkwaardige komposisie weens die ingewikkelde tematiese konneksies tussen die vier bewegings en is een van die laaste volledige komposisies wat Chopin geskryf het.  Dit is gevul met pragtige melodië wat telkens wissel tussen die twee instrumente sodat elkeen tot sy reg kan kom om dan saam die volle harmoniese geheel te vorm. Die twee kunstenaars verstaan mekaar, lééf mekaar, leef ín die musiek en interpreteer dit so gevoelvol en met soveel oorgawe dat dit die gehoor totaal meesleur. Die toegif, Liebestraum, is met soveel deernis gespeel dat talle konsertgangers in trane was!

Reinhard and Dagmar have often been acclaimed for their brilliant performances and for mesmerizing audiences by the depth of their interpretations, their masterly technique and the imaginative choice of repertoires. A quote listed on their website:" ... it is rare to find a duo with such a fortunate and intense combination of a kindred musicality, affinity and interaction with their instruments". 

What an enriching experience it was!

Louise


 

No comments: