Translate

Saturday, March 18, 2023

Romantic Pianoviolin Duo

Dis altyd verfrissend om ‘n nuwe jaar  te begin met musiek wat die hartsnare raak en wat boonop getuig van besondere en uitstaande musikaliteit.  En so was dit met die uiters talentvolle  en belowende violis Jeffrey Armstrong en hoog aangeskrewe, veelsydige begeleidster Tertia Visser-Downie se uitvoering op 27 Januarie.

Die program is ingelei deur Brahms se Sonata no 1, Op 78, ook bekend as die Reënsonate. Hierdie grootse werk  toon deurgaans die gelyke vennootskap tussen die viool en klavier en vereis uitstaande virtuositeit van kunstenaars. Hierin het Armstrong en Visser-Downie meesterlik geslaag.  Kenmerkend van hierdie romantiese sonate is die  musikale verwysings na en uitbeelding van reën (pizzicato-gedeeltes), nabootsings (eggos) tussen viool en klavier en groot wisselende dinamiese vlakke. Laasgenoemde loop dikwels uit op ‘n kalmte wat aanleiding gee tot aangrypende besinning en nostalgie.


The program was further enhanced by more popular compositions like Kreisler's three well known love songs,  Liebeslied, Liebesfreud and Schön Rosmarin. This was followed by Sinding's Adagio from Suite in Amin, Op 10, Debussy's Beau Soir and Faure's Apre un Reve.

Een van die hoogtepunte van die program was die welbekende Introduction and Rondo Capriccioso van Saint Saens wat die gehoor in vervoering gehad het. Armstrong en Visser-Downie se passievolle spel, uitstaande tegniek en die liggaamlike meelewing met die musiek, was uitsonderlik.    

The appreciating audience was further treated to an excellent rendering of the haunting Estrelitta as encore.

Ons wens die uiters belowende en talentvolle Jeffrey Armstrong net die allerbeste toe vir ‘n blink toekoms en hoop om hom en Tersia Visser-Downie weer in Stilbaai te verwelkom.

 Nina du Toit

No comments: