Translate

Tuesday, January 30, 2024

Try to Remember

At very short notice, the bass baritone Christiaan Snyman, Olive Sandilands (piano) and Esther Marie Pauw (flute) entertained an enthusiastic audience in Stilbaai, with an excellent program called Try to remember – the first concert for 2024 hosted by the Stilbaai Music Society.

 Dit was n nostalgiese program vol weemoed en verlange en gemis.  Dit is ingelei deur 3 Schubert lieder, An die Muzik, die liefdeslied Ständchen en die hartseer storie van Der Wanderer - die eensame man wat nêrens waar hy ookal gaan, rus kon vind nie, en daar waar hy nie is nie, is sy tuiste. Olive Sandilands se begeleiding was foutloos. Sy verstaan musiek EN die sanger wie sy begelei. Die storms op die see is met swaar donker akkoorde beklemtoon en die eensaamheid van die redderlose man met sagte, somber vloeiende melodieë ingekleur.

Then followed Tschaikovsky, Mendelsohn and 3 songs by Richard Strauss,including Wie schön ist doch die Muzik from the comic opera Die Sweigsame Frau, which was in a slightly lighter tone. Christiaan’s warm, rich voice, his excellent breath control, clear diction and the emotional way in which he told/sang the stories, were quite remarkable – even if your German is a bit rusty.

Die verrassing van die aand was die Afrikaanse kunsliedere, Boerneef se Berggans, Aandblom, en Daar doer teen die Rant, en S le Roux Marais se Heimwee. Lg. het die gehoor totaal betower en baie trane veroorsaak, veral omdat hy dit as’tware net vir een van ons baie ouer dames gesing het. Dit was hartroerend.

Tussenin was Esther Marie Pauw met haar suiwer fluit klanke ‘n heerlike kontras. Veral die Franse Barok komponis, Danicon Philidor, se Suite in G Min. het die gehoor in vervoering gehad met die ligte, vrolike, polsende danse. Later het sy “Latin American” danse gespeel wat eweneens n reuse sukses was. Dit is duidelik dat sy meester van haar instrument is, en elke intonasie en vertolking totaal onder beheer het.  Met Olive Sandilands se fyn aanvoeling en ligte aanslag vir die stukke en haar empatiese begeleiding, was dit louter plesier.

The second half of the program consisted of lighter songs from films and musicals : Speak softly Love from the Godfather, On the Street where you Live from My Fair Lady, Javer’s dramatic solo Stars, from Le Miserable and of course Try to Remember. Christiaan has the ability to interpret every song in its own right, but his intense contact and interaction with the audience makes his performance something special.  

Die aand is afgesluit met If I were a Richman soos Christiaan dit doen – met oorgawe!! Dit het die spontane staande ovasie verdien! Die genoeglike aand is afgesluit met ‘n nostalgiese encore “Some enchanted evening”.

Hierdie kunstenaars wil ons beslis weer hier ontvang.

Louise Steytler

 


Sunday, January 28, 2024

CHITARRA & CANTO


 Dis altyd aangenaam om van ons eie Suid Afrikaanse uiters begaafde en talentvolle  kunstenaars, wat in die verlede al  in Stilbaai opgetree het, weer terug te verwelkom. En dit was die geval met die Musiekvereniging se Gala-konsert van 24 November, waartydens Linette van der Merwe en Jonathan Moolman opgetree het. Die soet, helder en soepel klank van Jonathan se akoustiese kitaar in kombinasie met Linette se vol, ryk messo-sopraan stem, het die regte atmosfeer vir 'n genotvolle aand geskep . 

Die interessante program het bestaan uit ‘n  verskeidenheid van items -  van meer klassieke liedere  en arias, waaronder die pragtige Come again (Dowland),  Lascia ch’io pianga (Hӓndel)  en Seguidilla (Bizet) tot gewilde liedjies uit musiekblyspele, wat onder andere die gewilde Summertime (Gershwin), Can’t help lovin’ that man (Loewe)  en Somewhere over the rainbow (Arlen & Stothart), ingesluit het.  Linette se  uitstaande tegniese vaardigheid, vermoë om kontraste tussen ligte en dramatiese styl af te wissel, goeie asembeheer, uitstekende diksie en fyn aanvoeling vir vertolking, ondersteun deur Jonathan se uiters simpatieke en briljante musikale kitaarbegeleiding, was duidelik waarneembaar. Opmerklik was ook die fyn musikale aanvoeling tussen die twee kunstenaars.

Gedurende die vier solo kitaar-items, waaronder  Salt water (Lennon), Recuerdos de la Alhambra (Tarrega), Blue Moon (Rogers & Hart) en El Noi de la Mare (Tradisioneel) het Jonathan se besondere musikalliteit, meesterlike speeltegniek en aanvoeling vir die kitaar as instrument, het duidelik na vore gekom.  

Na ‘n welverdiende staande applous, is die aria Habanero uit die opera Carmen (Bizet) skitterend as toegif aangebied.

Welgedaan Linette en Jonathan!

Nina du Toit



Monday, November 20, 2023

Ida Pelliccioli performs: Debussy and Influences


During the month of October, the Music Society of Stilbaai was surprised and enchanted by the young Italian and extremely gifted pianis, Ida Pelliccioli, who visited South Africa for the first time.

Pelliccioli presented an interesting programme, entitled Debussy and Influences. It consisted mostly of unknown compositions by Rameau and Albeniz, both very different in style, and their influence on Debussy’s music. Her expert and thought-provoking comments before each item, along with her brilliant interpretation of these compositions, were exceptional.

Die aand is geopen met Rameau se Suite in A mineur for clavichord  waartydens Pelliccioli die klavier se klank en speeltegniek meesterlik “omskep” het in die klankkleur van n klavikord. Die Suite is ingelei met die drie elegante tradisionele dansvorme, Allemande, Courante en Sarabande, wat gevolg is deur “Les Trois Mains” en die “Gavotte vir 6 dubbelspele.  Dit is gevolg deur Debussy se "Homage a Rameau" waar Debussy sy diepe respek vir Rameau as komponis toon. Die komposisie is geskryf as 'n "Sarabande"-‘n stadige maatslagdans waarin betekenisvolle stiltes en nootresonansies voorkom. Laasgenoemde is kenmerkend van Debussy se persoonlike styl. Die Spaanse komponis Albeniz se komposisie La Vega uit Suite of the Alhambra het hierna gevolg. Die besondere passievolle flamingo-dansritmes in hierdie komposisie verg groot pianistiese uitdagings wat briljant en met meesterlike musikaliteit deur Pelliccioli gehanteer is.

 The programme concluded with three short Debussy compositions: La Puerto del Vino, Evening in Granada and Masques. The Spanish influence in these compositions was noticable through the use of motifs reminiscent of guitar music and flamingo dances.

Ida Pelliccioli het haar eie styl waarin balans en passie met vurigheid en doeltreffendheid oorgedra word. Haar vertolking van hierdie program toon nie net haar briljante tegniek nie, maar ook haar vermoë om belangrike melodieë, betekenisvolle dinamiese vlakke, pouses, nuanses en die atmosfeer van elke komposisie meesterlik oor te dra. Uitsonderlik was die briljante hantering van die uiters effektiewe verdwynende slotnoot by Debussy se komposisies. Haar liefde vir beweging was opvallend in die natuurlike meelewing waar liggaam en instrument een word. 

Na ‘n welverdiende staande applous is die entoesiastiese gehoor vereer met twee uitsonderlike encores: die pragtige  Sonata K492 van Scarlatti en  Prokofiev se tweede Tarantella.

Well done Ida! We look forward to welcoming you back in Stilbaai again! 

Betekenisvolle aanhalings;

Iron hands, but with velvet elegance: Ida Pelliccioli’s technical abilities make us forget about the pieces complexity, for the greatest delight of the audience.                                                                                       (Fabrice Fenoy)


It would be too limited to speak about her playing in terms of virtuosity: obviously, her powerful playing, her fast tempi, her energy, her implication, her determination can impress, but beyond a keyboard feel where precision and regularity don’t prevent her touch from delicacy, I would like to stress the intelligence with which the pieces are played, which is translated during a concert in a spectacular concentration. Ida Pelliccioli is a true musician. She certainly has a promising talent that we can watch blossom with confidence and delight.    (Patrice Martinet)

Nina du Toit



Wednesday, October 11, 2023

" Some enchanted Evening"

 


LIZETTE VOSLOO – VIOOL  

CHRISTIAAN SNYMAN - BAS-BARITON, 

OLIVE SANDILANDS -KLAVIER

 




“Some enchanted evening” ……a nutshell description of the exceptionally convivial and enchanting September music evening of the Stilbaai Music Society. With his particularly warm, full and rich bass-baritone voice, the talented Christiaan Snyman, assisted by Olive Sandilans’s sensitive piano accompaniment and Lizette Vosloo as violinist, had the audience in rapture.

Die goedgebalanseerde en interessante program het uit n verskeidenheid van welbekende en geliefde liedere bestaan. Die eerste gedeelte van die program is gewy aan sommige Barok, Klassieke en Laat-Romantiese liedere waaronder Largo (Handel), Widmung en Du bist wie eine Blume (Schumann), Zueignung (R Strauss) en Infelice, E tuo credevi van Verdi. Die tweede gedeelte van die program is gewy aan verskeie opwindende en welbekende rolprent- en musikale blyspelliedere wat Parla Più Piano (Godfather), Moon River (Breakfast at Tiffany’s), How to handle a woman en If ever I would leave you (Camelot), Some enchanted evening (South Pacific) en die skitterende  If I were a rich man uit Fidler on the Roof ingesluit het. Lg. het Christiaan met soveel entoesiasme en goeie toneelspel uitgevoer dat dit hom ‘n spontane staande ovasie besorg het.

Snyman’s brilliant singing technique, breath control and interpretation, clear diction, extreme musical application of dynamic levels and phrasing, supported by exceptional accompaniment, were constantly present in all the songs. His pleasant stage personality and special way of communicating with the audience were well appreciated.

Vier verwerkings vir viool en klavier, waaronder Minature Vienese Walz (Kreisler), Intermezzo van Cavaleria Rusticana (Mascagni) en Rio Scene (Piazzolla) is met uiterste musikaliteit deur Vosloo en Sandilands uitgevoer en het bygedra tot die besondere program.

Die genotvolle lente-aand is met die welkome toegif van S Le Roux Marais se lied, Heimwee, afgesluit wat briljant en sensitief deur Snyman en Sandilands uitgevoer is.

Stilbaai’s doors are wide open for these musicians in the future.

Well done!

Thursday, October 5, 2023

  TAKE FOUR PIANO QUARTET

Jeanne-Louise, Zanta, Elna, Susan

“Briljant, uitsonderlik, een van die beste konserte hierdie jaar,” was van die spontane reaksies van die entoesiastiese gehoor by die Musiekvereniging se Augustusmaand-konsert.  Bekend as die Take Four Piano Quartet, uiters bekwame klassieke musici en persoonlike vriendinne,  het Zanta Hofmeyr (viool), Susan Mouton (tjello), Elna van der Merwe (klavier) en Jeanne-Louise Moolman (alt-viool), die Stilbaai Musiekvereniging  besoek. Deur hul meesterlike musikale vertolking van twee groot werke van Johannes Brahms en Antonin Dvořák,   het die kunstenaars  daarin geslaag om die perfekte musikale ruimte vir die viering van Vrouemaand te skep. 

 

Die program is ge-open met Brahms se Klavierkwartet no. 1 in G-mineur, op. 25 wat as een van die mooiste en roerendste werke van die komponis beskou word.

Alhoewel die klavierkwartet se eerste drie bewegings naamlik Allegro, Intermezzo (Allegro) en Andate con moto, gekenmerk word deur pragtige magiese en ekspressiewe militaristiese melodieë (temas), musikale wisselwerking tussen die pianis en strykers, dinamiese vlakke en tempo-wissellings wat meesterlik deur die strykers en klavier hanteer is, word die laaste Rondo al Zingarese beweging as die hoogtepunt beskou. Hier gebruik Brahms eksotiese en emosionele Hongaarse idiome en sigeunermusiek, bekend as die Gypsy Style. Kenmerkend is die uiterstes van polsslae, ritmiese en melodiese bravade, dinamiese kontraste en virtuositeit wat briljant deur die strykers en klavier uitgevoer is. In die hoofrefrein gebruik Brahms 'n kenmerkende 2/4 polsslag wat herinner aan die Hongaarse taal wat geneig is om die eerste lettergreep van elke woord te beklemtoon. Deurentyd is mens bewustheid van die briljante musici se puik intonasie, die voortbring van pragtige vol ryk instrumentale klanke en hul uitsonderlike vermoë om mekaar intens musikaal aan te voel. 

Die tweede helfte van die program is gewy aan Dvořák se Klavierkwartet no.2 in E-mol majeur, op. 87. Dvorak was bekend vir sy pragtige melodieë wat in al vier bewegings voor kom. Die bekendstelling van ‘n tema deur een instrument, gevolg deur die ander partye, verrassende eind-akkoorde,  wisselende dinamiese vlakke waaronder vurige passievolle uitbarstings, ’n kwasi-melankoliese wals en ‘n finale beweging (Allegro ma non troppo) wat as 'n begeesterde Tsjeggiese volksdans aangebied word, is kenmerkend van hierdie klavierkwartet.

Met uitmuntende tegnieke, uitstekende intonasie en uitsonderlike musikale aanvoeling en vertolking van beide werke, het die kunstenaars dit ‘n onvergeetlike aand vir die gehoor gemaak.

Welgedaan en Bravo aan ‘n uitsonderlike Take Four  Piano Quartet. 

Nina du Toit