Monday, January 30, 2012

How the SMS was started


Late in 2004 the Heeses and the Meijs were playing bridge and Chris idly asked whether there would be ten or more people in Stilbaai who would cough R1 000 each per year so that we could bring live classical music to Stilbaai. The idea was kicked around and the consensus was that no ten such blokes existed but that many would support the idea. The discussion lapsed.

Lo and behold, in January of 2005 Amanda invited a number of people to discuss the issue and asked me (Chris) to explain it, which I did. After a discussion, it was decided that I would draft a constitution and that we would meet at Wouter and Connie’s place for a formal meeting.At that meeting a resolution was passed to found the Stilbaai Music Society and the constitution was adopted.

Mike and Louise had previously invited an honours B. Mus. student from Stellenbosch to play before a group op guests and they kindly agreed to permit the Society to advertise this as its first concert. The concert took place in their lounge.

From this small beginning we now have more that eighty members, we own half a piano, we  have awarded a study stipend and count a number of international artists as friends of the Society. We have had our flops. Despite these, we have brought pleasure and musical excellence to a large number op people in Stilbaai who would otherwise not have had the opportunity to hear these artists perform.

Chris Heese
(Uit Nuusbrief 10 2011)




Friday, January 27, 2012

Nuusbrief 1/2012 Newsletter



Nuwejaarswense.
Die bestuur van SMV wens al ons lede ‘n strelende, harmonieuse en melodiese nuwejaar toe en vertrou dat die hoogstaande aanbiedings wat ons beoog om 
vanjaar aan te bied, in u smaak sal val.
It is indeed a small miracle that our humble hamlet, Stilbaai, consistently competes with the big cities to bring you artists of international repute to perform here in our 
own back yard. Thank you all for your support to make this possible!

The year programme is on this page, but is still subject to change so please 
check the blog on a regular basis to make sure you do not miss a concert!

Capella Concertante. 
Die Oostenrykse groep tree op in die Kerksaal-Oos op Saterdag 18 Februarie om 19.30. Kaartjies is beskikbaar by die komitee en by CUPZ Café in die Fynbossentrum teen R50 vir lede en R60 vir nie-lede.

This Chamber music ensemble was formed in the autumn of 1986 by a group of enthusiastic music teachers of Upper Austria and has toured successfully to many countries, including Belgium, Hungary, Italy, Greece, Brazil, Chili, Namibia and South Africa. They consist of:
Karin Eldenberger—Soprano
Isolde Pirker—Flute
Esther Savel—Oboe
Mathias Kreischer—Clarinet
Hubert Eckelbauer—Horn
Markus Pressenhuber—Bassoon
Toni Neulinger—Double bass.

Hulle is ewe tuis as klassieke kamerorkes of met meer moderne musiek. Hulle program sluit iets vir almal in en bestaan uit o.a. werke van Mozart, Kreisler, Lehar, Strauss, Rossini en Robert Stoltz.
  
Membership
Our thanks to all those members who have already paid their subs. Without it we just cannot bring you the quality of musicians that we aim to bring to Stilbaai.
Dues are unchanged for the 8th consecutive year, R100, and can be paid to any member of the committee or may be paid into the SMS bank account directly. If you wish to use the bank facility, please enter your name in the space left for a reference number. This allows our new treasurer, Euchi, to identify the payee.
The account details are as follows:
Bank: ABSA                                                                    
Account holder: Stilbaai Musiekvereniging
Account numbert:  913 791 3517                               
Branch code: 334-613

Bestuurslede:
Danie Joubert- Voorsitter.              028-754-2833
Mike Steytler- O/voorsitter           028-754-1181
Louise Steytler – Sekretaris            028-754-1181
Euchi Yazbek- Tesourier                028-754-3553 

Bettie Niehaus – Programme         028-754-2157
Marian Smit – add lid                     028-755-8211
Serena Nagel – add lid                    028-754-3648             



Monday, November 21, 2011

Nuusbrief 9 2011 Stilbaai Musiekvereniging/Music Society Newsletter 9 2011


Finale uitvoering van die jaar
Om 19h30 op Saterdag 26 November 2011 tree die Heydeburg Ensemble in Kerksaal-Oos op.  Die ensemble bestaan uit ’n fluitspeler, ’n tjellis, ’n violaspeler en ’n violis. Die lede is almal lede van die bekende Heydeburg Simfonie-orkes van die Noordelike voorstede van Kaapstad.

AGM
 The AGM will be held immediately after the conclusion of the programme. Members need to note that the Chairman, Chris Heese, and the Treasurer, Max Döckel, are not available for re-election. 

The agenda is as follows:

1.                  Constitution of meeting.
2.                  Minutes of the previous AGM
3.                  Consideration of chairman’s report
4.                  Consideration of financial report
5.                  Determination of membership fees
6.                  Election :

·         Chairman
·         Vice-chairman
·         Secretary
·         Treasurer
·         Programme fixer
·         Music appreciation co-ordinator.

7.                  General
8.                  Conclusion

Voorsittersverslag

Hierdie is die agste jaarverslag wat ek bevoorreg is om aan te bied. Die tyd het aangebreek om die leierskap oor te dra na nuwe hande. Verenigings- ook die SMV, kort  nuwe denke, nuwe doelwitte en ’n nuwe dinamiek. Ek wil by voorbaat my dank uitspreek teenoor die lede, wat getrou elke jaar my weer aangestel het, maar veral teenoor die lede van die bestuur wat, ondanks my nonsens, daarin geslaag het om ’n waardevolle diens aan die gemeenskap van Stilbaai te bied.  

Van die hoogtepunte oor die afgelope agt jaar was die kore, veral die ontvangs van die Drakies, die aankoop van die vleuelklavier en die toekenning van die Voorsitterstipendium aan Megan Prins.

Ons het oor die periode meer as 50 konserte aangebied. Ek kan slegs twee onthou wat nie op peil was nie. Hierdie jaar het ons 6 konserte en 3 waarderingsaande gehou. Die konserte het in so ’n mate byval gevind dat ons bywoning oor die jaar toegeneem het, al het ons die toegang moes verhoog. Kunstenaars se optree gelde neem om verstaanbare redes toe en hierdie tendens sal voortduur.     

Ten slotte – weer eens my dank aan die bestuur. Hulle het hard gewerk. Hulle het ook vriende geword.

Monday, September 12, 2011

Puik Uitvoering van die Tygerbergse Kinderkoor



Saterdagaand, 10 September, het die TKK die Stilbaaiers vergas met 'n puik uitvoering in 'n stampvol Gemeenskap-saal. Dit was 'n Gala-aand waarna Stilbaaiers al lank uitgesien het.
Wat 'n ervaring om sewentig van hierdie jong koorlede, almal onder 14 jaar, te sien en te hoor optree, onder die stok van Hennie Loock, wat 40 jaar al die koorleier is, en sy vrou Theresa wat die begeleiding waargeneem het. 
Hierdie koor het al verskeie internasionale kompetisies gewen en word gereken as die 4de beste in die wereld! Die program het 'n wye variasie gebied wat ingesluit het: geestelike werke, Amerikaanse Gospel, traditionele werke in Xhosa, sentimentele liedjies in Afrikaans en Engels, (o.a. “A Nightingale sang in Berkely square”), ‘n medley van liedere uit Les Miserables asook die dramatiese uitvoering van Tjak, 'n Baliese Aap gesang (Monkey Chant) met aksie en handgebare.
Baie van hierdie meer kontemporêre werke skep 'n besondere uitdaging vanweë disharmonieë en sinkopasie, wat meesterlik vertolk is deur hierdie koor. Hulle het hulself individueel hierin ingeleef. Vir my was die hoogtepunt die Hosanna van Knut Nystedt, en Aglepta deur die sweedse komponis Arne Mellnoe. Die woorde van die lied is van ‘n ou paljas:"To leave a enemy without an answer, say these words to him: “Aglaria Pidhol garia Ananus Qepta" and blow in his direction; then he will not know which way he is headed and cannot answer you". Aglepta is gekomponeer vir ‘n koorkompetisie in 1969, en is so moeilik dat net een van die deelnemende kore dit kon baasraak. Dit is verstommrnend dat Hennie Loock hierdie uitdagende stuk met sulke jong kinders, met soveel sukses, kon uitvoer en het die spontane staande ovasie uit en uit verdien.
Dit was beslis 'n aand waarin mens kon jouself kon verloor en meegesleur word deur die suiwer klanke van hierdie groep jong kinders. Vir ons almal 'n besondere gebeurtenis. Hulle kan maar weer kom!
Marian Smit
.