Translate

Monday, May 16, 2022

From Paganini to Piazzola

On 2 May 2022, the Musical Society of Stilbaai had the great privilege to listen to two very special musicians, performers that can hold their own against the worlds’ best! James Grace (guitar) and David Bester (violin). These two musical geniuses are not only extremely well qualified but are also known for their special artistic interpretation and execution of the musical scores that they present to an audience. They create an almost tangible atmosphere of reverence for the music that any audience can relate to.

James Grace is well known for his virtuosity on his instrument, his artistic interpretation of the composer’s intent, for his technical brilliance and complete absorption with the piece of music that he chooses to share with people. In the same vein David Bester is a master on the violin and has the ability to use his instrument to create special and different moods. The well compiled program demonstrated and confirmed their technical abilities throughout.

Die program is ingelei met die Sonata Concertata van Paganini. Paganini was bekend vir sy innoverende speeltegnieke op die viool en sy werke word vandag nog as van die moeilikste stukke vir die viool beskou.  Hy het 12 sonatas vir viool en kitaar en 24 Capriccio’s vir solo viool gekomponeer. Hy was gewild by die publiek en komponiste soos Brahms, Schuman en Liszt het dikwels temas uit sy werke gebruik en variasies daarop gekomponeer.

Die uitdagende Sonata Concertata is n klassieke Sonata met heelwat kontrasterende bewegings wat meesterlik uitgevoer is deur Bester en Grace. Die balans tussen die viool en die kitaar was pragtig en beide instrumente het ‘n gelyke kans gekry om die botoon te voer. Die liriese gedeeltes van die viool is gevoelvol vertolk deur Bester terwyl die ryk klank van Grace se kitaar getuig het van ‘n fyn aanvoeling van stemming in die vertolking. met die musikante sensitief op mekaar ingestel. Bester kry so lekker terwyl hy speel dat hy naderhand op sy tone staan, maar albei leef hulle totaal in die musiek in. In die vierde beweging is dit veral die verskillende kitaartegnieke wat jou na jou asem laat snak en die stuk tot sy reg laat kom.

The same comments could be made about the interpretation of GRAN DUO CONCERTANTE, opus 85 by Mauro Giuliani. This piece of 4 movements required a number of  ”new” techniques from the musicians that resulted in interesting and very different sounds. The audience showed their appreciation of both pieces with enthusiastic applause.

‘n Moderne stuk, Musiques Populaires  Bresiliennes deur Celso Machado – Sambossa wat moderne klanke gebruik en in ‘n jazz ritme gespeel word, het na pouse gevolg. Dit was duidelik dat hierdie stuk hoĆ« vereistes aan die twee musikante gestel het - en is foutloos uitgevoer. Die program is afgesluit met Astor Piazolla se Histoire du Tango, waar elke onderdeel ‘n ander tydvak in die ontwikkeling van die Tango weergee nl.: bordel 1800, cafe1930, Nightclub1960 en Concert d’aujourd’hul. Jy “hoor” die straat geluide, die geklets van mense en jou voete begin jeuk om die tango te dans. Dis heerlike ritmiese musiek wat die gehoor terdeĆ« geniet het.

Die gehoor het die twee musikante luid met stem en voete gestamp toegejuig totdat hulle as ‘n laaste guns met ‘n aangrypende stuk van Paganini, Andante Cantabile, afgesluit het. ‘n Groot ruiker dank aan elkeen wat hierdie besondere aand help waarmaak het!

Esmarie

Verkort Red.

No comments: