Translate

Friday, May 5, 2017

Herman Bergman Ensembel bekoor

Die eerste aanbieding van die jaar het plaasgevind op Sondag 29 Januarie  en is bygewoon deur n groot aantal musiekliefhebbers.
Die Herman Bergman Ensemble bestaande uit 3 kitare, n basviool en tromme, het n program uiters geskik vir 'n rustige Sondagmiddag aangebied.
Van ons land se beste klassieke kitaarspelers - Charl Lamprecht, Herman Bergman en Werner Bessinger is lede van die Ensemble en het ons vergas op 'n program van eie komposisies en verwerkings van bekende Afrikaanse liedere.

"Mahai" is 'n  trots Suid-Afrikaanse projek - ver verwyder van die alledaagse plaaslike musiek! Plaaslik ontwikkelde elektroniese toerusting is gebruik vir die aanbieding. Selfs die kitare is in ons eie land vervaardig!
Die liedere wat gebruik is vir verwerkings is meestal uit die Afrikaanse skatkis. Dis opgeteken deur Herman op sy toere deur die land  en elkeen bring herinneringe van 'n tyd en plek wat hy besoek het. Die atmosfeer wat hy ervaar het en wat allerhande emosies ontsluit het, was die inspirasie vir die musiek.
Die musiek is luisterbaar, rustig en strelend. 'n Sekere lewensstyl word in die musiek uitgebeeld en 'n besondere atmosfeer word telkens geskep.
Dit was 'n genotvolle middag waar ons weereens die vreugde van saam musiek maak, ervaar het.


No comments: