Gebore Suid-Afrikanes, Ian van Rensburg, tans viool-professor van Aarhus Simfonie Orkes, Denemarke, het saam met Tertia Visser-Downie as begeleier (klavier) gesorg vir 'n briljante uitvoering van musiek uit verskeie tydperke
Program: Uit die Barok-tydperk, 'n Sonata van Vivaldi, gevolg deur die "Romance in G" van Beethoven met sy vol, ryk klanke in romantiese sty,l is gevoelvol vertolk deur die kunstenaars. Die Sonata in C min van Grieg was n groot verrassing en het met stormagtige sterk ritmes en baie trillers reeds gewys dat hierdie twee musikante oor n wye virtuositeit beskik.
This was flolowed by two popular violin pieces, "Le Streghe", a violent, exciting witch's dance arranged by Niccolo Paganini, and the more sedate "Lotus Land" by Fritz Kreisler, a slow moving romantic composition.
"Sigeunerwysies" en "Spaanse danse" deur Pablo de Sarasate asook die "Hongaarse dans" deur van Hubay is twee vrolike opgewekte komposisies wat Ian van Rensburg se besondere talent bevestig. 'n Ware vertoonstuk is die werk "Fratres" deur Arvo Pärt - rustige akkorde op die klavier in skerp teenstelling met die vinnige passasies op die viool, afgewissel met meesleurende passasies wat n mens jou asem laat ophou. Tegnies is Ian voorwaar n meester van sy instrument, iemand wat alles so maklik laat lyk - en met die simpatieke en briljante begeleiding van Tertia, was die program tegies goed verorg met uitstekende samespel.
The encore "I dream of Jeannie with the light brown hair" was peaceful and charming and a fitting end to a delightful evening of brilliance.
No comments:
Post a Comment