Translate

Saturday, July 4, 2015

Bel Canto Voce

Tien opera sangers van Kaapstad met twee begeleiers het in April by die SBMV opgetree. Die musiek, hoofsaaklik uit musiekblyspele, het groot byval gevind. Enkele solowerke is voorgedra deur die tenore - Terence Peterson  ('n dramatiese tenoor) met "Love is a many spendoured thing" ,  Siya Mancapa ('n ligte tenoor) met "Caro Mio Ben" en Eugene Jephta (liriese tenoor), hul leier, met "Dein ist mein ganzes Hertz"
Die mans het beïndruk met hul vol en ryk klank - dog met net een bas, effe ongebalanseerd.
Werke uit die operas is ingesluit in die program: Die Drinklied uit La Traviata, Slawekoor uit Nabucco, Bruidskoor uit Lohengrin en die immer gewilde Nessum Dorma uit Turandot.
Ligter liedere uit die werke van Andrew Lloyd Webber e a was baie gewild en is met groot entoesiasme voorgedra.
Ons wens die groep sterkte en voorspeod toe vir die toekoms.
Bettie Niehaus.

No comments: