Translate

Sunday, December 28, 2014

Stilbaai Musiekvereniging sluit af op ‘n hoë noot!

Die bedrywighede van die Stilbaai Musiekvereniging is afgesluit met ‘n baie besonderse konsert – ”Zaza en die Kunstenar”
 
Drie uitstekende kunstenaars,  Zanne Stapelberg, (Sopraan), Elna v an der Merwe (Klavier) en Niël Rademan (Bariton)  het opgetree om die liefdesverhaal van Zaza en die kunstenar d.m.v. musiek te vertel.
 
Die program in ingelui met “Life is a Caberet” deur Zanne en Niël en het op dié wyse gestalte gee aan die styl en karakter van die program.  Musiek van allerlei soorte is op sprankelende wyse voorgedra. Volksmusiek soos “Waar kry jy daardie hoed”, “Mamma ek wil ‘n man hê”,  musiek uit musiekblyspele, soos “ I dream a dream” en “There was a boy, a very special boy” tot Franse liefdesliedere met trekklavierbegeleiding deur Niël. Daar was selfs opera arias en duette bv. “La ci darem la mano” of te wel “Reik my jou hand my geliefde.” 
 
Zanne het die gehoor oorrompel met haar besondere vol en ryk stem en Niël het beïndruk met sy toneelspel en fyn aanvoeling vir kabaret.  Elna is, soos altyd, uitstaande met haar begeleiding. Zanne het ook die saksofoon gevoeg by die ensenble, wat groot genot verskaf het aan die gehoor.
 

Musiekverenigingnuus: Op die AJV is die nuwe Bestuur verkies. Voorsitter: Danie Joubert, Onder-Voorsitter: Mike Steytler, Sekretaris: Louise Steytler, Tesourier: Nugget van Noordwyk, Programknoper: Bettie Niehaus, Musiekwaardering: Menno Stenvert,  Dankie aan die Bestuur vir onbaatsugtige diens en vir die uitstaande kunstenaars wat hulle na Stilbaai bring. Ons sien uit na ‘n uitstekende program vir 2015.

1 comment:

truongmuunghenhan said...

Thanks for sharing, nice post! Post really provice useful information!

Công ty vận chuyển hàng nước ngoài FadoExpress hàng đầu chuyên vận chuyển, chuyển phát nhanh siêu tốc đi khắp thế giới, nổi bật là dịch vụ gửi hàng đi mỹ, gửi hàng đi úcgửi hàng đi đài loan uy tín, giá rẻ.