Translate

Wednesday, November 12, 2014

Uit :   News Letter/ Nuusbrief 8,  2014.

Jaarvergadering op Woensdag 19 November 2014 om 18.00 in die Tuin-op-die Brak Kiosk.
Ons vereniging bestaan nou uit meer as 120 lede.  Lede word aangemoedig om die jaarvergadering by te woon,  aan die verkiesing van die nuwe bestuur deel te neem en die ligte verversings na die tyd te geniet.  Onthou asseblief om u eie stoele saam te bring.

Afsluitingskonsert.
Ons galakonsert, Zaza en die Kunstenar , vind DV plaas op Sondagmiddag 23 November 2014  om 16.00  in die NG Kerksaal-Oos. Dit handel oor:-
“ Die reise van ‘n eksentrieke troebadoer op soek na die antwoorde op die groot vrae van die lewe. Die antwoord lê verskuil in die mooiste musiek van regoor die wêreld soos gesing deur die musiekmuse ZaZa ( Zanne Stapelberg). Splinternuwe toonsettings, liedtekste uit die pen van Zanne en Niël Rademan en bestaande klassieke musiek, kabaretmusiek en kunsmusiek van die straat en die kafee. Met Zanne ( sang en saksefoon), Rademan ( sang, trekklavier en klavier) en Elna van der Merwe (klavier).”


Kerswense.
Glo dit of nie, dis amper alweer vakansietyd! Die bestuur van die Stilbaai Musiekvereniging wens al ons lede ‘n baie geseënde Kersfees toe en ‘n voorspoedige, vrolike, gesonde en uitbundige nuwe jaar! Mag die feestyd vir ons almal rus en vrede in Christus  bring met warm harte vir ons familie en vriende en toegeneendheid teenoor  ons naaste.


No comments: