Translate

Monday, August 18, 2014

Opera Studente van UK lewer puik program

'n Heerlike program van bekende liedere is op 26 Julie voorgedra deur twee uiters talentvolle studente van Universiteit Kaapstad se operaskool - Makudupanyani Senaoana en Goitsemang Lehobye, met Tertia Visser as hulle bekwame begeleidster.

Daar was 'n groot verskeidenheid van liedere op hulle program - van arias uit die operas van Handel, Mozart, Donizetti, Rossini, Puccini en Verdi, tot gewilde liedjies uit die musiekblyspele van Andrew Lloyd Webber, Jerome Kern en A Lerner. Die twee jong sangers het beïndruk met hulle styl, tegniese vaardigheid, goeie asembeheer en fyn aanvoeling vir die musiek. Hulle vertolking en toneelspel in die duette was besonder geslaagd.

Makudu was sprankelend in Figaro se bekende aria Largo al factotum, uit die Barbier van Seville, asook Questa o quella uit Rigoletto, terwyl Goitse se fyn vertolking in Oh had I Jubal's lyre uit Joshua, uitgestaan het. All I ask of you uit Phantom of the Opera, was 'n juweel en die toegif, Die Drinklied uit La Traviata was 'n waardige slot vir 'n skitter-aand deur twee opkomende jong sangers. Hou hulle gerus dop!


No comments: