Translate

Wednesday, July 9, 2014

ITALIAANSE VI0LIS BESOEK STILBAAI MET BESONDERSE AANBIEDING !

Luca Ciarla het ‘n baie interessante program : “Fiddler in the Loop”,  vir die Stilbaai Musiekvereniging aangebied. Hy het sy doktorsgraad in Amerika verwerf, waar hy in die klassieke- en jazz style opgelei is – ‘n begaafde musikus wat iets baie besonders en andersoortig aan ons gebring het.
Hy neem ten eerste sy eie agtergrond ritmes op met ‘n “loop”-masjien en speel dan ander melodië bo-oor die voorafgaande ritmes in die “loop” - wat hy dan ook opneem. 
Luca maak gebruik van verskillende soorte agtergrond ritmes – pluk  en ‘strum’ van die snare van sy viool ; jazz elemente wat hy opneem ; voëlgeluide wat nageboots word ; verskeie temas in pizzicato-styl soos byvoorbeeld “ My favourite things” uit Sound of Music. Na die ritmes neergelê is, word ander klanke en melodieë daarteen improviseer. Deur verskillende "lae" bo-oor mekaar op te neem bou hy 'n musiekstuk op tot hy as't ware 'n hele orkes naboots.
Selfs J S Bach se Engelse Suites en dansvorms (Gavotte, Tarantelle, Bourreé en Gigne) is as agtergrond-ritmes gebruik waarteen hy nuwe melodieë opgeneem het en so nuwe danse gevorm het.
Dit was vir die gehoor duidelik dat dit voorwaar intense konsentrasie verg om sulke melodië en ritmes teen mekaar te laat inpas.

Sommige Stilbaaiers het Luca Ciarla se aanbieding besonder geniet. Ander het dit vreemd ondervind.  Almal was dit eens, dit was beslis iets totaal anders !


No comments: