
Twee meer ernstige werke het gevolg : “Sonata vir klarinet
en klavier” van Saint-Saens, asook een van die Franse komponis Paulenc, werke
wat die romantiese, moderne sowel as speels-vurige style uitbeeld. Besondere
hoë eise word gestel aan die klarinetspeler, wat betref asembeheer !
“Solo de Concours” van Messager, ‘n leerling van
Saint-Saens, wat hierdie moeilike stuk spesiaal gekomponeer het vir ‘n
klarinetkompetisie, wat besondere eise aan die deelnemers stel., is meestelik
uitgevoer.

Die aand is afgesluit op ‘n ligter trant, Kletzmer Musiek :
Israeli volksmusiek wat sterk aan die musiek uit die film “Fiddler on the Roof”
herinner. Die vaardigheid van die klarinetsolis is van die grootste belang – interessante
ritmes, allerhande kinkels en draaitjies, om die dansers se bewegings te
simboliseer.
Matthew Reid, ‘n waardige speler en kenner van sy
instrument, en Tertia Visser, sekerlik een van ons mees begaafde klavierspelers
– wat ‘n belewenis !
Bettie Niehaus
No comments:
Post a Comment