Translate

Wednesday, September 17, 2014

Capella Concertante gee puik uitvoering in stilbaai

Vlnr.  Matthias Kreischer, Hubert Ecklbauer Magdalena Bauer,Tony Neulinger, Karin Eidenberger, Clemens Umbauer, Marcus Presenhuber.

Hierdie sewe besonder begaafde musici het met orkesinstrumente soos die klarinet, dwarsfluit, hobo, franse horing, fagot en basviool, gewilde werke uit die klassieke musiekwêreld aangebied. Dit was hulle tweede besoek aan Stilbaai en die gehoor is weereens meegesleur deur hulle uiters professionele aanbieding. Dit is baie duidelik dat elkeen in eie reg 'n musikant van formaat is.

Die musiek van die Oostenrykse wonderkind, Wolfgang Amadeur Mozart, het 'n groot deel van die progam uitgemaak. Overtures van die operas "Die Towerfluit", "Die Huwelik van Figaro" en "Cosi fan Tutti" het groot byval gevind. Die "Song to the Moon" uit Rusalka van Dvorak, pragtig gesing deur die sopraan Karin Eidenberger, en vier instrumentale dele uit Carmen van Bizet, was van die gewildste items op die program.

Musiek van die Strauss familie is ewe goed ontvang, soos die Overture uit die "Sigeuner Baron" en uittreksels uit "White Horse Inn".  Die Rondo Alla Turka is ten slotte, tot groot vermaak van die gehoor, aangebied as 'n verwerking in moderne styl soos wat Mozart dit dalk in vandag se tyd sou komponeer het.

As toegif het die groep, saam met hulle metgeselle, onmiskenbare Oostenrykse volksmusiek gesing - 'n vrolike musikale belewenis om die siel te verryk. Soos die vorige keer, was dit 'n uiters suksesvolle en genietlike aand.

No comments: