Translate

Thursday, March 13, 2014

Johan Radloff bring liefde...

Op Sondagaand 9 Maart het Johan Radloff weereens die Musiekvereniginglede trakteer op musiek wat die hartsnare roer. Hierdie keer was sy onderwerp "Die Liefde", wat hy toegelig het met 'n hele heerlike program van nostalgiese liedere uit operas, operettes,  lieder en musiekblyspele. Van La Boheme, Simson en Delilah en Martha, na South Pacific en The Student Prince. Liebestraum tot The merry Widow. Ons kon luister na die pragtige stemme van Placido Domingo, Janos Berkes, Nicolai Gedda en Ramon Vargas - EN na Piotr Beczala, wat na Johan se mening tans dié beste tenoor in die wêreld is. (Sien foto)
Almal was dit eens dat dit 'n verrykende ervaring was. Dankie aan die Steytlers wat hulle huis weereens beskikbaar gestel het vir dié genoeglike musiekwaarderingsaand!

No comments: