Translate

Friday, November 8, 2013

Suid-Kaap Simfonie Orkes Besoek Stilbaai

Op Saterdag 12 Oktober het die vrolike klanke van die Suid-Kaap Simfonie Orkes oor Stilbaai weerklink. Ten spyte van 'n koue wind en reën was die saal vol met 'n entoesiastiese gehoor wat elke oomblik geniet het.
Die orkes bestaan uit 'n groot aantal jongmense wat saam met hul ouer kollegas die voorreg en vreugde ervaar om so saam musiek te maak. Die entoesiasme en geduld van die dirigent was opvallend en die toegewyde erns van veral die jong spelers was 'n besondere openbaring.
Die aandag waarmee hul die dirigent dopgehou het, spreek van konsentrasie en volle vertroue in hul leier - 'n waardevolle les vir almal van ons wat graag iets besonders wil bereik.
'n Groot verskeidenheid van musiek is voorgedra. - 'n meesleurende Strauss wals, die vrolike Can-can van Offenbach, die Eerste beweging van Schubert se onvoltooide Simfonie, opgevolg met 'n keurspel van bekende melodieë uit The Sound of Music. Musiek uit films was volgende aan die beurt met verskllende James Bond temaliedjies en die program is afgesluit met die ongewone ritmes van die tema musiek uit Pirates of the Caribbean.
"n Genoeglike en leersame oggend van vrolike musiek wat 'n triestige Saterdagoggend omtower het. 

No comments: