Hulle het begin met ‘n Mozart medley waarin temas
van Mozart sonatas, o.a. die Alla Turka, Halleluja en Mozart se Klarinet Konsert
voorgekom het.
Dit is gevolg deur uittreksels uit Tchaikovsky werke, soos die bekende Warskou konsert, en temas uit
die Neutekraker en Swanemeer.
Na ‘n kort pouse is die program voortgesit met
verskeie liedjies
van ABBA :- Money,Money,
Money, Dancing Queen, Fernando en vele ander.
‘n Allegaartjie van 12 liedjies oor die Boland het die
program afgesluit. Dit is gespeel in 12 verskillende sleutels vanaf D maj. tot C
kruis maj. As toegif het hulle Olivian van Pazola gespeel.
Dit is merkwaardig hoe hierdie twee pianiste mekaar
komplimenteer met hul samespel. Hulle het selfs die twee klaviere gewissel om
so mekaar se spesiale hoogtepunte te benadruk. Temas is goed uitgevoer sonder
indiwiduele oorheersing. Hulle tegniese
vaardigheid en gevoelvolle spel het beïndruk.
Dit was beslis ‘n genotvolle aand en dank gaan weereens
aan die Stilbaai Musiekvereniging vir nog ‘n baie suksesvolle konsert.
Dr Marian Smit
No comments:
Post a Comment