Translate

Monday, July 19, 2010

Nuusbrief 6/2010 Newsletter



London Song Circle

Ons eersvolgende konsert vind plaas op Woensdag 28 Julie 2010 om 19h30 in die Kerksaal-Oos. Op daardie aand bied die vermaarde groep, die “London Song Circle” bestaande uit: Erica Eloff – Sopraan, Margriet van Reisen – ‘n Nederlandse Mezzo-Sopraan en Mark Nixon – Klavier, ‘n program van sang aan. Hier volg 'n kort uittreksel uit hulle promo vir die Nederburg Konsert:

“The acclaimed London Song Circle, comprising Dutch mezzo-soprano Margriet van Reisen and leading South African classical musicians, pianist Mark Nixon and soprano Erica Eloff, will be performing works by Henry Purcell, Robert Schumann, Sergei Rachmaninov and Benjamin Britten. The programme will also include the op. 61 by Johannes Brahms, a selection of mazurkas by Frederic Chopin and songs for women's voices by Roger Quilter.

Although they have both pursued successful careers abroad, Eloff and Nixon are no strangers to local audiences having regularly returned home to perform. Both furthered their studies overseas after completing their initial music degrees at the universities of Potchefstroom and Cape Town respectively.

Nixon established the London Song Circle in order to promote the appreciation and understanding of art-song. In 2003 a previous incarnation of the group toured South Africa to great critical acclaim, giving concerts, broadcasts, master classes and lectures, and the current trio will continue to tour South Africa following their Nederburg recital. "

Hier in ons geweste tree die groep op in Robertson, George en Mosselbaai.

CD’s

Erica en Mark bemark hulle jongste CD tydens die konsert. Vir lede wat graag aan kompetisies deelneem, bied hulle ’n fantastiese prys aan. Die prys is ’n luukse safari vir twee in die Pafuri Wild Kamp in die Noorde van die Kruger Wildtuin, aangebied deur Wildernis Safari’s. Die prys word toegeken aan die persoon wat die gelukkige lootjie hou. Elke CD aankoop tel as een lootjie vir die trekking. CD’s sal beskikbaar wees by die konsert. So ook ’n gedrukte brosjure wat die bemarkingsaksie uiteensit. Wild liefhebbers, maar ook liefhebbers van sang word aangemoedig om ’n CD te koop. Die prys is R130 per CD.

John Stonier se aanbieding

John se aanbieding oor die ontstaan van opera is op 20 Junie gehou by die Steytlers. Dit was ’n besonderse aand. John het bykans al die lede van sy gesin wat toe in Stilbaai was, opgekommandeer en met sy gewone sjarme, ’n voortreflike oudio-visuele aanbieding gelewer. Die aand is egter gekenmerk deur meer as blote tegniese afronding. Die inhoud van sy voordrag was, soos gewoonlik, akademies uiters professioneel versorg en gevolglik was die kommentaar van die baie lede wat die aand bygewoon het, besonder positief. Mike en Louise se ontvangs was natuurlik ewe gul en die hele aand was genoeglik.

____________________________________________________________________

No comments: