Translate

Tuesday, January 30, 2024

Try to Remember

At very short notice, the bass baritone Christiaan Snyman, Olive Sandilands (piano) and Esther Marie Pauw (flute) entertained an enthusiastic audience in Stilbaai, with an excellent program called Try to remember – the first concert for 2024 hosted by the Stilbaai Music Society.

 Dit was n nostalgiese program vol weemoed en verlange en gemis.  Dit is ingelei deur 3 Schubert lieder, An die Muzik, die liefdeslied Ständchen en die hartseer storie van Der Wanderer - die eensame man wat nêrens waar hy ookal gaan, rus kon vind nie, en daar waar hy nie is nie, is sy tuiste. Olive Sandilands se begeleiding was foutloos. Sy verstaan musiek EN die sanger wie sy begelei. Die storms op die see is met swaar donker akkoorde beklemtoon en die eensaamheid van die redderlose man met sagte, somber vloeiende melodieë ingekleur.

Then followed Tschaikovsky, Mendelsohn and 3 songs by Richard Strauss,including Wie schön ist doch die Muzik from the comic opera Die Sweigsame Frau, which was in a slightly lighter tone. Christiaan’s warm, rich voice, his excellent breath control, clear diction and the emotional way in which he told/sang the stories, were quite remarkable – even if your German is a bit rusty.

Die verrassing van die aand was die Afrikaanse kunsliedere, Boerneef se Berggans, Aandblom, en Daar doer teen die Rant, en S le Roux Marais se Heimwee. Lg. het die gehoor totaal betower en baie trane veroorsaak, veral omdat hy dit as’tware net vir een van ons baie ouer dames gesing het. Dit was hartroerend.

Tussenin was Esther Marie Pauw met haar suiwer fluit klanke ‘n heerlike kontras. Veral die Franse Barok komponis, Danicon Philidor, se Suite in G Min. het die gehoor in vervoering gehad met die ligte, vrolike, polsende danse. Later het sy “Latin American” danse gespeel wat eweneens n reuse sukses was. Dit is duidelik dat sy meester van haar instrument is, en elke intonasie en vertolking totaal onder beheer het.  Met Olive Sandilands se fyn aanvoeling en ligte aanslag vir die stukke en haar empatiese begeleiding, was dit louter plesier.

The second half of the program consisted of lighter songs from films and musicals : Speak softly Love from the Godfather, On the Street where you Live from My Fair Lady, Javer’s dramatic solo Stars, from Le Miserable and of course Try to Remember. Christiaan has the ability to interpret every song in its own right, but his intense contact and interaction with the audience makes his performance something special.  

Die aand is afgesluit met If I were a Richman soos Christiaan dit doen – met oorgawe!! Dit het die spontane staande ovasie verdien! Die genoeglike aand is afgesluit met ‘n nostalgiese encore “Some enchanted evening”.

Hierdie kunstenaars wil ons beslis weer hier ontvang.

Louise Steytler

 


No comments: