Translate

Friday, September 27, 2019

Palissander bekoor weer

Die Palissanderkoor uit Pretoria, o.l.v. Sarita Hauptfleisch, het op 28 Augustus weer n besoek aan Stilbaai gebring. Die koor is in 1992 gestig en het sederdien 'n toonaangewende koor in Suid-Afrika geword. Hulle het met groot sukses al in talle lande in Europa opgetree. Sarita het die koor gestig met die doel om sielsmusiek te maak. Hulle kernwaardes is passie, oorvloed, vreugde, respek en aanvaarding. Elke jaar word 'n sentrale tema gekies: hierdie jaar is dit "A message in a Bottle", wat die hegte verwantskap tussen mens en water ondersoek, water wat lewe gee en lewe reflekteer.

Sarita Hauptfleisch
All the songs had to do with water, eg. Kawouno wan gi pi, (Watersong), Canto a lemanja, The sky is crying on the sea, There will come soft rain, Miracle tree, and more. The extremely complicated works consisted mainly out of sounds without words - voices copying sounds of nature, water, stillness. The male voices were outstanding - without text, only sounds! The base voices formed a solid foundation for the airy sopranos and altos that seemed to glide above. Harmonies and sounds melted together in a beautiful oneness filled with emotion.

Die slotlied, "Bridge over troubled Water" was n hoogtepunt wat baie deur die gehoor geniet is. Die begeleidende instrumente is slim ingespan en het iets besonders aan die klanke toegevoeg. Jammer dat daar min kontras tussen die liedere was.  Mens sou graag wou hoor wat hulle in verskillende kategoriee van koorsang sou voortbring, want feit bly staan, hulle is besonders! En dit was n fees van kleure en klank!

Louise, Bettie












No comments: