Vryadagaand, 29 Maart 2019: Die jong Suid-Afrikaanse Bas-bariton uit Potchefstroom het 'n besondere optrede vir die Musiekvereniging op Stilbaai aangebied.
Corniël het sy B.Mus aan die PUK begin en sang studeer by Prof Werner Nel en neem nou klas by die bekende opera tenoor, Stefan Louw. Hy is ook tans besig met sy M.A. graad in Kommunikasiewese.
As nuwe toevoeging tot die kunstewêreld het hy Meestersklasse in Nederland en Oostenryk, bygewoon, deelgeneem in verskeie prestige kore, sanggroepe en operas en tweemaal aan die Wêreld Koorspele deelgeneem.
His repertoire includes music genres like renaissance, barok, Classic, romantic, modern, opera, oratoria, lieder, musicals, even jass and country!

Hy beskik oor 'n besondere verhoogpersoonlikheid en het deurgaans die gehoor in die palm van sy hand gehad. Die gehoor het sy optrede terdeë geniet - veral weens sy spontane en ontspanne voordrag.
Hy is uitmuntent begelei deur Maggie Filmalter van Riversdal, wat reeds van kindsbeen af intens met musiek gemoeid is en aktief betrokke is by alle vorme van musiek en begeleiding.
Dit was regtig 'n genoeglike aand wat jou met 'n warm gevoel in jou binneste huistoe gestuur het.
No comments:
Post a Comment