Translate

Friday, February 1, 2019

Bella Rosa Kwartet bekoor

"La vie en Rose" - Op 24 Augustus het die Bella Rosa Kwartet n heerlike aand van Franse musiek wat meestal onbekend is, aangebied, en daarmee die musiekliefhebbers van Stibaai bekoor. Die program het die liefde vir die lewe en die lewe vir die liefde omhels.

The Quartet consists of Albert Conbrinck (piano), Sally Minter (flute), Pieter-Adriaan Stofberg (cello) and Louise Howlett (mezzo soprano). Louise and Sally both studied at the Royal College of Music in London, Pieter-Adriaan at Tinity College. Albert is currently involved with the Cape Town Opera School. All hail from Cape Town. They are high-calibre, professional musicians working in a variety of genres from classical, chamber music to jazz.

Musiek van o.a. Ravel, Debussy, Massenet, Poulenc en Piaf is voorgedra. Die tema van die liefde is meesleurend oorgedra, soos in "Chason" (Ravel), "Romance" (Debussy) en "Ballade" (Lefebre).  Met Ravel se "Piece en forme Habanera" en "Song without words" (Mendelssohn) het die cello koning gekraai en die stukke is gevoelvol vertolk deur die tjellis.  Enkele komposisies van vroue komponiste het groot byval gevind. Die lede van die Kwartet het bewys dat hulle almal meesters op hulle vakgebied is. Die klavierbegeleiding was sterk en ondersteunend; die tjellis het n vol, ryk klank en soms met n lekker skerp ritme die ander lede van die Kwartet ondersteun. Sally het uitsonderlike asembeheer met die fluit asook meesterlike beheer oor toonsterkte in melodieuse frases. Louise het as sopraan betower met haar ryk warm stem wat sterk herinner aan Edith Piaf.

What a wonderful satisfying evening listening to such accomplished musicians.


No comments: