Translate

Wednesday, February 22, 2012

Capella Concertante


Die 18e Februarie, het Stilbaaiers die besondere voorreg gehad om te luister na die Capella Concertante Ensemble. Die groep van 7 is afkomstig uit die noorde van Oostenryk en bestaan uit ’n sopraan en 6 instrumentaliste: fluit, hobo, fagot, basviool, Franse horing en basklarinet. Hulle foutlose samespel, en gemoedelike vriendelike ambience, spreek van jarelange oefen en saamspeel.  Werke van Mozart, Kreisler, Lehar, Strauss, en Rossini is o.a. aangebied.

Die program in ingelui deur die Overture uit “Die huwelik van Figaro” waar die fluit, besonder treffend gespeel is deur Isolde Pirker. Die sopraan Karin Eidenberger het met haar helder suiwer stem en indrukwekkende verhoog persoonlikheid die gehoor bekoor en haar item ”Meine lippen sie küssen so heiß” was ‘n besondere hoogtepunt.

Een van die items, Umoja(eenheid), is spesiaal opgedra aan RSA. Die basviool is vervang met ‘n Afrika drom, en verskeie slaginstrumente is gebruik om die Afrika ritme(beat) weer te gee. Die “Variations on a Dutch Folk Song” deur Hugo de Groot, is uitstekend uitgevoer en het vir nog ‘n hoogtepunt gesorg. Die program is afgesluit met Johan Strauss se Hongaarse Polka.

Die gehoor het hulle staande toegejuig.  Dit was beslis ‘n genotvolle aand wat nog lank sal weerklink by  Stilbaaiers.

 Dr Marian Smit

No comments: