Translate

Monday, November 21, 2011

Nuusbrief 9 2011 Stilbaai Musiekvereniging/Music Society Newsletter 9 2011


Finale uitvoering van die jaar
Om 19h30 op Saterdag 26 November 2011 tree die Heydeburg Ensemble in Kerksaal-Oos op.  Die ensemble bestaan uit ’n fluitspeler, ’n tjellis, ’n violaspeler en ’n violis. Die lede is almal lede van die bekende Heydeburg Simfonie-orkes van die Noordelike voorstede van Kaapstad.

AGM
 The AGM will be held immediately after the conclusion of the programme. Members need to note that the Chairman, Chris Heese, and the Treasurer, Max Döckel, are not available for re-election. 

The agenda is as follows:

1.                  Constitution of meeting.
2.                  Minutes of the previous AGM
3.                  Consideration of chairman’s report
4.                  Consideration of financial report
5.                  Determination of membership fees
6.                  Election :

·         Chairman
·         Vice-chairman
·         Secretary
·         Treasurer
·         Programme fixer
·         Music appreciation co-ordinator.

7.                  General
8.                  Conclusion

Voorsittersverslag

Hierdie is die agste jaarverslag wat ek bevoorreg is om aan te bied. Die tyd het aangebreek om die leierskap oor te dra na nuwe hande. Verenigings- ook die SMV, kort  nuwe denke, nuwe doelwitte en ’n nuwe dinamiek. Ek wil by voorbaat my dank uitspreek teenoor die lede, wat getrou elke jaar my weer aangestel het, maar veral teenoor die lede van die bestuur wat, ondanks my nonsens, daarin geslaag het om ’n waardevolle diens aan die gemeenskap van Stilbaai te bied.  

Van die hoogtepunte oor die afgelope agt jaar was die kore, veral die ontvangs van die Drakies, die aankoop van die vleuelklavier en die toekenning van die Voorsitterstipendium aan Megan Prins.

Ons het oor die periode meer as 50 konserte aangebied. Ek kan slegs twee onthou wat nie op peil was nie. Hierdie jaar het ons 6 konserte en 3 waarderingsaande gehou. Die konserte het in so ’n mate byval gevind dat ons bywoning oor die jaar toegeneem het, al het ons die toegang moes verhoog. Kunstenaars se optree gelde neem om verstaanbare redes toe en hierdie tendens sal voortduur.     

Ten slotte – weer eens my dank aan die bestuur. Hulle het hard gewerk. Hulle het ook vriende geword.

No comments: