
Wat 'n ervaring om sewentig van hierdie jong koorlede, almal
onder 14 jaar, te sien en te hoor optree, onder die stok van Hennie Loock, wat
40 jaar al die koorleier is, en sy vrou Theresa wat die begeleiding waargeneem
het.

Baie van hierdie meer kontemporêre werke skep 'n besondere
uitdaging vanweë disharmonieë en sinkopasie, wat meesterlik vertolk is deur
hierdie koor. Hulle het hulself individueel hierin ingeleef. Vir my was die hoogtepunt die Hosanna van Knut Nystedt, en Aglepta
deur die sweedse komponis Arne Mellnoe. Die woorde van die lied is van ‘n ou
paljas:"To leave a enemy without an
answer, say these words to him: “Aglaria Pidhol garia Ananus Qepta" and blow in
his direction; then he will not know which way he is headed and cannot answer
you". Aglepta is gekomponeer vir ‘n
koorkompetisie in 1969, en is so moeilik dat net een van die deelnemende kore
dit kon baasraak. Dit is verstommrnend dat Hennie Loock hierdie uitdagende stuk
met sulke jong kinders, met soveel sukses, kon uitvoer en het die spontane
staande ovasie uit en uit verdien.
Dit was beslis 'n aand waarin mens kon jouself kon verloor en
meegesleur word deur die suiwer klanke van hierdie groep jong kinders.
Vir ons almal 'n besondere gebeurtenis.
Hulle kan maar weer kom!
Marian Smit
.
No comments:
Post a Comment