Translate

Wednesday, May 19, 2010

Lente Louw en Albie van Schalkwyk

Die indrukwekkende jong, opkomende sopraan, Lente Louw, meesterlik begelei deur die pianis Albie van Schalkwyk, het Stilbaaiers in vervoering gehad met musiek uit die boonste rakke.
Reeds met haar eerste aria uit Händel se Simson en Delila, was dit duidelik dat Lente se gekontroleerde volume die Kerksaal-Oos sou vul soos selde tevore. Daarby het haar uitstekende stembeheer en tegniese vaardigheid getuig van die Bel Canto-onderrig wat sy van Emma Renzi ontvang het. Die musikale tweespraak tussen haar en Albie was sensitief en professioneel en sy eie tegniese vaardigheid deurgaans opvallend.
Ons is veral meegesleur deur hulle gevoelvolle vertolking van Purcell se Dido en Aennaneas waarin daardie haunting refrein "When I am laid to rest" die eensaamheid van ‘n sterwende en verlate Dido, ’n mens so aangryp. Ook die aria "Dove sono" uit Mozart se Huwelik van Figaro, was 'n hoogtepunt.
Ek sou wel ‘n effens duideliker diksie wou gehad het in "O, waly waly" van Benjamin Britten maar aan die ander kant kon ek elke woord hoor van die pragtige Duitse lieder van Schumann. Wel gedaan Lente en Albie!

Reon Meij

No comments: