Translate

Wednesday, March 4, 2009

Nuusbrief 2 2009


Albie Louw kom kuier

Albie se laaste besoek was besonder gewild en die Bestuur het besluit om hom te vra om ons lede wat nie spesifiek met Jazz bekend is nie, daaraan voor te stel. Albie het aanvanklik alles op gehoor gespeel, maar sy suster het hom leer musiek lees. Van St 2 – 10 kry hy formeel les in klassieke musiek, en lê reeds in st. 8 sy finaal af. Hy is sy lewe lank betrokke by ligte musiek, volksliedjies, klassieke musiek – ook boeremusiek, as lid van Oom Pietie se Orkes. Hy was, is en bly ‘n passievolle en begaafde pianis.

Hy praat en speel ondermeer met ons aan die hand van die volgende temas

· Hoe jazz in die VSA ontstaan het
· Hoe dit gewild geword het
· Watter basiese instrumente gewoonlik aangewend is
· Die invloed van jazz op moderne klassieke musiek
· Die invloed van jazz op Suid-Afrikaanse ligte musiek
· Die ritmiese patrone van jazz.

Klavier: Die SMV het so pas met die NG Kerk onderhandel met die oog daarop om vir Kerksaal-Oos ‘n klavier te bekom wat geskik is vir gebruik deur ‘n konsertpianis. Ons kunstenaars het al by herhaling vir ons gesê dat die saal se akoestiek uiters geskik is vir klein ensembles, en, tensy die betrokke konsert ‘n groot gehoor gaan trek, beoog ons om die meeste van ons konserte voortaan daar te hou.

‘n Groepie van ons het 'n klavier, ('n Bluchner, gemaak in 1952 in Oos-Duitsland) gaan besigtig in Humansdorp en ons adviseur, die stemmer Leon van Wyk, het die instrument fyn deurgegaan, sy voorgeskiedenis op die internet nagegaan, en vir ons oor prys geadviseer. Ons vertrou dat u, die lede, jare lank genot sal put uit uitvoerings op die instrument.

Programme 2009: Please note that the programme has been amended and some concert dates have been changed.

No comments: