Translate

Friday, September 19, 2008

Renee Rust gesels oor Boesmandans, -trans en -rotskuns

Soos in ‘n trans luister-en-kyk ons almal die aand van 31 Augustus na Renee Rust. Sy neem ons as’t ware op toer deur ‘n aangrypende wêreld van San mitologie, rotskuns, musiek, trans en dans. Die goed is alles met mekaar verweef in die geestewêreld van die San: die één kan nie sonder die ànder nie.
Musiek en dans is die media wat die San help oorgaan na ‘n staat van trans waartydens hulle die geesteswêreld betree. Soms glip hul in dié wêreld in deur ‘n denkbeeldige opening ‘n rots of swem hul deur ‘n poel water. Daarna vlieg hul tot by ‘n plek waar hulle insigte kry oor siekte, dood, droogte, reën ens. Wanneer hulle terugkeer is hulle in staat om allerhande positiewe dinge te doen soos reën maak of siekes genees. Soos die trans verdiep sien hulle progressief al meer-en-meer fantastiese vorms en beelde. Dit is veral hierdie beelde en vorms wat later as hulle weer by hul volle positiewe is, uitgebeeld word in kunswerke op rots.
Die meeste van ons het die aand geweldig geniet en baie leersaam gevind, al het ‘n paar van ons agterna gekla dat ons eintlik ‘n bietjie meer Boesmanmusiek sou wou gehoor het.

Reon Meij

No comments: