Translate

Friday, September 19, 2008

Appassionata - die toneelstuk

Die produksie Appassionata het mens met verskeie weerspekende gevoelens gelaat: Een: dêmmit maar die Tertia kan wragtag klavier speel! Twee: Beethoven is darem ‘n absolute meester! Drie: alhoewel die toneelgedeelte nie in dieselfde ‘klas” as die klavierspel was nie, was die teks slim genoeg om die kyker darem te laat meeleef en identifiseer. Vier: ‘n mens bewonder Tertia Downie se veelsydigheid, maar sy bly darem eerstens ‘n uitnemende pianis en daarna wel ‘n bekwame toneelspeler! Johan Nel se spel was onberispelik en ‘n mens sê veral dankie vir sy suiwere artikulasie en moeitelose projeksie in ‘n saal waarvan die akoestiek soms party woorde van minder ervare akteurs maklik insluk. Neil Rademann, as jong regisseur, het hom uitstekend van sy taak gekwyt. Vol punte vir die innovasie om die akteurs deur ‘n teaterkleedkamerspieël met die gehoor te laat praat.
Dis ‘n produksie wat my soms kokend, soms warm, soms lou maar nooit koud gelaat het nie.
Amanda Meij

No comments: