Translate

Wednesday, December 3, 2025

Trio Mosaic 17 Sept 2025


‘n Onvergeetlike musiekervaring met die 3 wěreldklas musikante in die seldsame kombinasie van: dwarsfluit Liesl Stoltz, kitaar Han Jonkers, en altviool Nicolas Corti.

Liezl Stoltz is master of her instrument showing incredible interpretation, control, colour and intonation. She began her studies at US and earned her MMus and DMus from UCT, where she also completed post-doctoral research promoting South African flute repertoire. She is the recipient of numerous awards, has performed as soloist with all South African orchestras and regularly appears is international festivals. A committed educator and recording artist, she currently lectures in flute and chamber music at UCT. 

Han Jonkers, a Dutch guitarist is based in Switzerland. As a soloist he has won major international competitions and has performed as soloist and chamber musician across the world. Committed to expanding the guitar repertoire, he has commissioned numerous  works and has released acclaimed recordings. He also plays a key role in music education, organizing festivals and teaching at the Pådagogische Hochschule in Basel. 

Nicolas Corti, Swiss violist and founding member of the internationally celebrated Amati Quartet, studied at the Zurich Conservatory and furthered his training in New York with Emanuel Vardi. As a chamber musician, he appeared in leading concert halls world wide and recorded extensively, producing over 30 albums with the Amati Quartet. 

Hierdie drie befaamde musiekante het vir n besonderse musiekaand gesorg. Reeds met die aanvangswerk "Fifth Grande Serenade Concertante" van Diabelli, kon die gehoor aanvoel dat hulle iets buitengewoon te wagte kan wees. DIe soet klanke van die fluit en perfekte balans met die kitaar en altviool het beindruk! 

"Kleine Suite" van Alfred Uhl met meer eietydse klanke, was meesterlik en kleurvol uitgebeeld deur die 3 musikante. Die eerste deel "Resignation" , het 'n ietwat donker en diep emosie geskets, terwyl die baie kort "Humoreske" weer vrolik en lig was. Die dinamiese verskille en kontraste in hierdie werk as geheel verdien vermelding!


In die “Confiděncias and Carioca” van Nazareth was die Argentynse walsritmes en melodieё meesleurend en het die dialoog tussen die fluit en altviool absoluut verstom!  Dis byna onwerklik om sulke volronde klanke en breё omvang uit ‘n fluit te toor, met die polsende Argentynse rimes in volmaakte sinkronisasie met al drie instrumente. Die kitaarkas is ook soms ingespan as ‘n trom, met groot sukses!

Die “Amelitango” van Astor Piazzolla  was, alhoewel vervleg van ingewikkelde ritmes, vreemde klanke en tegnieke op die fluit steeds uiters toeganglik met pragtige melodieё.

Hierdie Trio het ‘n welverdiende staande ovasie uitgelok!

Petro Botha.


Take Four Klavierkwartet 7 Augustus 2026

 



Wat ‘n onvergeetlike aand saam met hierdie vier welbekende, wêreldgehalte musikante! Zanta Hofmeyr, Jeanne-Louise Moolman, Susan Mouton en Elna van der Merwe het, soos altyd, ‘n uitvoering van nie net hoogstaande gehalte nie, maar ook musikale magiesheid gelewer.

Hulle het twee werke uitgevoer:   Johannes Brahms se diep emosionele en meesleurende Klavierkwartet nr 1 in G-mineur, opus 25 en Antonin Dvořák se intense Klavierkwartet nr 2 in E majeur, opus 87. Ons was bevoorreg om met hierdie twee werk bederf te word.

Die Brahms klavierkwartet is tussen 1856 en 1861 gekomponeer en is die eerste twee kere deur onderskeidelik Cara Schumann (1861) en Brahms self (16/11/1862) uitgevoer. Dit is geskryf vir Klavier, viool, altviool en cello met die volgende bewegings:

I.        Allegro

II.       Intermezzo: Allegro, ma non troppo

III.      Andante con moto

IV.     Rondo alla Zingarese: Presto

 

Die Allegro begin met ‘n unisone tema in kwartnote in 4/4 tyd in die klavierparty, wat na ‘n paar frases deur die cello oorgeneem word. Elna en Susan het dit in perfekte simbiose uitgevoer en die luisteraar voorberei op die intens emosionele musiek wat sou volg. Die tweede beweging het ‘n onderliggende dringendheid, met die cello wat feitlik deurgaans die toon aangee.  Die blitsvinnige uitdagende laaste beweging is met absolute presisie en vuur uitgevoer en het die gehoor asemloos gelaat

Dvořák se klavierkwartet is in die somer van 1889 gekomponeer en die eerste keer uitgevoer op 17/10/1890. Dit bestaan uit:

I.        Allegro con fuoco

II.       Lento

III.      Allegro moderato, grazioso

IV.     Finale: Allegro, ma non troppo

 

Daar is ‘n duidelike sin van drama en intensiteit in hierdie werk, wat, soos met die Brahms, meesterlik deur hierdie klavierkwartet oorgedra is. Die openingstema word deur die strykers gespeel, waarna die klavier dadelik daarop antwoord. Daarna vleg verskeie oorvleuelende teksture inmekaar. Die vyf pragtige temas in die liriese tweede beweging het beelde van ‘n rustige stroom tussen bome deur opgeroep. Die wye omvang van emosies is oortuigend en gevoelvol deur die musikante uitgebeeld.  Die derde beweging is tipies van Dvořák, gekenmerk deur volksmelodieë en -style, wonderlik gedra deur strykers en klavier.  Die laaste lewendige, vewikkelde wisselwerking tusse instruments is met oortuiging en intensiteit deur die musikante aan ons gegee. Dit het triomfantelik geëindig met weereens ‘n uiters waarderende gehoor.

Take Four is nou ‘n jaarlikse instelling hier op Stilbaai en ek sien met geesdrif daarna uit om hulle in 2026 weer te hoor.

Annelize Viljoen

Monday, July 28, 2025

Die Chopin Projek 6th June 2025

Zanelle Britz, (basviool), Catherine Stiff (2e viool), Rosamund Roth, (tjello),
José Diaz (klavier), Jana Smit (altviool) en Zoë Coetzee (viool).

 How exciting and fresh to experience a performance, in Stilbaai, by José Diaz and a Quintet of young, very gifted musicians loaded with enthusiasm.

The “Chopin Project” is a long standing dream of the famous pianist José Dias. His introduction to the concert was wide ranging and very informative. He correctly refers to Chopin as the “poet of the piano”, and this clearly reflects in his performance of the music.

It seems that the composer himsel, instead of performing with a symphony orchestra, from time to time chose to perform his concerts with chamber musicians. Om the night of the concert, Dias’s arrangement and performance of the two Chopin concerts with the quintet was so rich and colorful that a symphony orchestra was hardly missed!

Die verskillende tema-verwerkings, wat baie groot tegniese en musikale eise aan die kwintet stel, is met groot grasie uitgevoer! Hulle musikale "samespel" het beinderuk!

Die Klavier Konsert no 1 in E min. is eerste uitgevoer. In die Allegro maestoso beweging was die dramatiese wisseling van melodieë tussen partye duidelik hoorbaar. In die Romanza kon die luisteraar die perfekte dialoog tussen klavier en orkes ervaar en in die bekende Boeredans was die speelse wisselwerking tussen instrumente ook treffend!

In Piano Concerto no. 2 in F min., the movement marked Maestoso, we could hear more dramatic operatic elements and in the Larghetto and Allegro vivace movements, the intermingling of well known nocturne melodies were introduced to great effect. 

Dit was voorwaar n aand om te onthou. Sielskos. Ons sien met verwagting uit na die uitbou en voltooiing van José Diaz se Chopin Projek. 



Thursday, May 22, 2025

Gustavo Romero - one of the world's great pianists

 Concert on 21st March 2025: Gustavo Romero.

It was a great privilege to hear a master piano virtuoso of his caliber in Stilbaai.

Right from the opening bars of the Scarlatti rendition, this Mexican American pianist proved his uncanny focus and his light touch, and his technical brilliance was impressive

His rendition of the Chopin Ballades contained more contrasts, from emotions of tenderness to exuberance and gave justice to the meaning of “ballade”, being both poetically and narratively in character

He excelled in his clear rendition of the ‘Valley of the Bells” in which the bells could clearly be heard as well as with the bubbling humor in his performance of “Morning Song of the Clown” by Maurice Ravel.

Gustavo Romero, however, reached the pinnacle of his performance that night with his flawless execution of Chopin’s ever popular Sonata no.3 in B min, to which he brought a new dimension of depth and feeling. From the skittish ‘scherzo-molto vivache’ to the nostalgic and poignant depth of the ‘largo’, he captivated the audience and the ‘finale-
presto’ had them on their feet, with loud and enthusiastic applause.   

And all without any sheet music!!!  What a performance!! 

Wednesday, March 26, 2025

Gypsey, Passion, Seduction and… a touch of Alcohol. 22 February 2025

Our first concert for 2025 with the talented mezzo soprano, Violina Angelov-Hobbs and the brilliant accompanist Tertia Visser-Downie will long linger in our minds as a fond memory, not only because of the beautiful music and the flawless performances by the artists, but also because the large audience enjoyed Violina’s sense of fun, sprightliness and acting abilities, while Tertia carried the night with her inimitable style and presence. It was an entertaining evening of well-loved music.

Violina (oorspronklik van Bulgarye)  het haar debuut gemaak in 1999 in die “Huwelik van Figaro” van Mozart, en sedertdien glansrolle wêreldwyd vertolk. Sy het die gehoor bekoor met haar verstommende omvang, volume, warm stem en passievolle vertolking van uiteenlopende momente in opera en lieder. Soos veral in die dramatiese  “Carmen” van Bizet - 'n rol wat sy lankal haar eie gemaak het.

In die swaarder  “Mon Coeur” van Saint -Saens het sy  weer die nodige empatie en patos gewys.

Die gehoor het lekker geskrik vir die uiters vermaaklike oomblik in “I’ve dined so well”  toe sy haar  totaal “oorgegee” het aan pret! Haar seun, Peter Angelov, het haar in 2 items bygestaan met begeleiding op die akkordion.

Tertia Visser het, behalwe vir haar simpatieke en puik begeleiding, ook gesorg vir afwisseling met verskeie indrukwekkende klaviersolo’s van geliefde werke!

It was a very successful and enjoyable evening - the perfect way to start the New Year. The Stilbaai Music Society is rightly proud of the caliber of artists we present to our members and visitors and aim to maintain this high standard in the future.