Translate

Wednesday, November 4, 2026

Some enchanted Evening 18 September 2026

‘n Heerlike intieme huiskonsert met Lynelle Kenned - sopraan, William Berger- bariton en Elna van der Merwe op die klavier, het ons in Stilbaai te beurt geval!

 Hierdie drie uitmuntende musikante se vertolking was so oorweldigend soos musikale branders wat net onophoudelik oor jou spoel en soms gedreig het om jou mee te sleur!

Die goedsaamgestelde program het bestaan uit 3 dele :

1. Bekende en geliefde opera arias en duette, wat geboei het met die teatrale vertolking van hierdie uitstaande soliste. Deurgaans het die klavierbegeleiding met soveel vaardigheid en deernis ondersteun.

2. Hierdie deel was gewy aan Afrikaanse lieder, met o.a.‘n hoendervleis vertolking van die bekende “Heimwee” en het ook verras met 2 vars, nuwe verwerkings van “Sweef soos ‘n arend“ en “Liedjie vir jou” in duet. Dis ongelooflik wat gebeur as goeie werk in jong hande beland en in ‘n nuwe musikale kleur geskilder word!

In die derde deel is ons bederf met geliefde uitttreksels uit musiekspele, waarvan “Over the Rainbow” geskitter het met ’n wěreldklas klavier-improvisasie.

Bravo vir Elna wat met soveel flair gesorg het dat elke item besonders was!

Soos die titel van die program: voorwaar ‘n genotvolle musikale ervaring!

Petro Botha

No comments: