Translate

Saturday, September 5, 2026

Vier Hande 22 Augustus 2026


Die musiekliefhebbers van Stilbaai en omgewing was op 22 Aug weggevoer met die uitmuntende vertoning van diѐ twee briljante pianiste van Kaapstad! Die program- samestelling was werkllik besonders en het gesorg vir ernstige en speelse oomblikke. 

Vanaf die openings note van die geliefde en bekende Brahms Hongaarse Danse, het die luisteraar reeds geweet hier kom iets groots. Die vier hande op dieselfde klavier het ongelooflike groot klank opgetower, tenspyte van die tegniese uitdagings om in dieselfde ruimte uiting te gee aan die voorgeskrewe emosionele vertolking Goeie begrip en verstandhouding tussen twee kunstenaars is natuurlik ‘n vereiste om hierdie uitdaging so suksesvol tot ‘n hoogtepunt te voer! Dit was duidelik hier die geval, mens kon ook aanvoel dat hulle ‘n sin vir humor en kommunikasie deel! 

Wat opvallend was,veral by die uitvoering van die Fantasie in F min van Schubert, was die wisselwerking van die motiewe tussen die vier hande, byna soos ‘n orkes in die kleine! Hierdie werk was gevul metmonumentale “kleurskakerings” ! Plek-plek gesorg vir baie sagte nuanses terwyl al vier hande aktief is, wat uiterste beheer vereis. Hiermee het hulle perfek geslaag! Dit bly ‘n musikale wonderwerk dat die sinergie tussen twee breine, ingewikkelde ritmes in dieselfde tydsberekening kan doen. 

Danksy hul inligting vooraf, kon die luisteraar die heerlike “storie” en humor agter Faurѐ se “Dolly suite” volg en geniet! Uit ons geskiedenis was dit natuurlik maklik om saam met hulle die pret van Arnold van Wyk (SA Komponis) se improvisasies op Nederlandse volkswysies te geniet, al was dit ryklik versier! 

Hulle was beloon met ‘n warm en entoesiastiese Stilbaai applous!

No comments: