Translate

Tuesday, October 29, 2024

Take Four doen dit weer

 


Take Four Piano Quartet  5 Aug 2024 op Stilbaai was ‘n wenner.

 

Die 4 professionele dames was luid toegejuig en waardeer vir hul puik uitvoering!

Die volledige toeligting oor die inhoud en agtergrond van die werke deur Zanta Hofmeyr, het die musiek baie toeganklik gemaak vir almal en die luistervermoĕ verskerp.

Eerste aan die beurt was Mozart se “Piano Quartet” in Emol, waarin ons die indrukwekkende klavierspel van Elna van der Merwe kon ervaar. Diě werk, wat byna soos ‘n klavierconcerto klink, het heerlike tema- nabootsing tussen die klavier en die strykers vertoon!

Die tweede werk nl. Faurě se “Piano Quartet” no.1 opus 15, was heeltemal kontrasterend en het gewissel tussen baie donker en swaar klanke by die adagio, waar die tjello die donker ondertone puik vertolk het.

Die scherzo was weer speels en lig en mens kon behoorlik die “vlinder” waarvan Zanta vertel het, aanvoel!

Die toegif was ‘n vinnige verrassing, nl di “Oblivian” van Piazolla met ‘n jazz / tango   gevoel waarmee hul die aand op ‘n hoogtepunt afgesluit het.



No comments: