Wat ‘n belewenis om die uiters begaafde violis Charlotte Potgieter op Stilbaai te beleef!
Haar passievolle
vertolkings, met ongelooflike variasie van klanke , van soet tot aggressief,op
die instrument ,het beindruk.
Sy en die talentvolle
begeleier Tertia Visser-Downie het ‘n wen-kombinasie gevorm wat styl en vertolking
aanbetref en perfek gesinkroniseer met amper magiese gevolge.
Die program is ingelui
met die Schubert sonata no.2 vir viool en klavier, waar die 2 instrumente
heeltyd in dialoog en nabootsing is, en hulle puik aanvoeling vir mekaar ryklik
uitgebeeld is.
Met die ekspressiewe,
en tegnies uitdagende, sonata no 3 in c min van Grieg, het beide die
kunstenaars ‘n passievolle, romantiese
uitvoering meesterlik op ‘n hoogtepunt afgesluit!
‘n Uitstaande
konsert vir die fynproewer. Welgedaan!
No comments:
Post a Comment