Translate

Saturday, May 18, 2024

n Aand met Laura Pauna

Wat ‘n eer vir die Stilbaai musiekvereniging om op13 April 2024 die internasionaal bekende en bekroonde Dr Laura Pauna, met haar stralende positiewe persoonlikheid, op Stilbaai te ontvang!!

Die Suid-Afrikaans/ Romeense pianis het die gehoor op hul voete gehad met ‘n uitsonderlike virtuose, vurige en kragtige vertolking van 2 bekende Beethoven klavier sonates. En ‘n tegnies- uitdagende    Khatchaturian klaviersonate!

Sy het verskeie internasionaal- en plaaslike pryse en beurse verower, en haar doktorsgraad in uitvoerende kuns behaal.

Tydens haar onlangse besoek aan Suid-Afrika het sy ook meesterklasse aangebied by die Sela Music School met haar leuse “Turning dreams into reality”.

Aangesien sy nou meer tyd in RSA deurbring, hoop ons om haar meer gereeld in Stilbaai te hoor! 

Petro Botha

No comments: