Translate

Friday, February 11, 2011

2011 Program

Die Musiekvereniging se program vir 2011 is uiteindelik beskikbaar. Ons is, soos vorige jare, bevoorreg om kunstenaars van formaat uit die buiteland te kan hoor en sien optree, o.a. Anthony Peebles van Brittanje en Pierre van der Westhuizen uit die VSA - beide pianiste van formaat. Ons het ook die Tygerbergkinderkoor wat in Junie in Stilbaai 'n draai kom maak en Raoul Beukes kom besoek ons in Augustus. Dis 'n program om na uit te sien en ons raai u aan om sommer noual die datums vas te maak. Die program soos ons dit nou het word hiernaas aangetoon.
Musiekwaarderingsaande is nog nie gefinaliseer nie, maar ons hou u op datum.

No comments: