Translate

Wednesday, November 25, 2009

Andrew Lloyd Webber-aand

Sondagaand 8 Nov. was 'n plesieraand maar ook 'n leeraand in die snoesige atmosfeer van die Stilbaai-restourantjie La Donna. Dennis van Rensburg het ons ingelei in baie van die geheimenisse van Andrew Lloyd Webber - wie aan meeste van ons wel bekend is - altans so het ons gedink.
Dié aand het ons benewens ou bekendes, soos "Memory", "Any dream will do" en "Pie Jesu", Webber-musiek gehoor wat baie van ons nog nooit vantevore gehoor het nie. En baie dinge oor die man geleer wat verrassend nuut was. Soos:
- dat hierdie seun van 'n bekende musikus, op 3-jaar oud reeds viool gespeel het
- as elfjarige reeds sy eerste musieblyspel geskryf het
- die blyspel "Joseph” reeds op negentien gekomponeer het
- in 1992 tot ridder geslaan is
- in 1997 die Academy Award vir beste musiekblyspel (Evita ) verwerf het
- en 7 Tony en 3 Grammy toekennings gekry het
- en dat hy baie ryk (biljoenêr ryk!) geword het (en steeds ryker en ryker word) uit al hierdie komposisies en produksies.
Een ding is seker: Dennis is ‘n uitstekende aanbieder wat hom nie net deeglik ingrawe in sy aanbieding nie, maar sy DVD’s en die snitte daaruit duidelik met groot sorg selekteer. Dankie ook aan Vicom wat die uitstekende apparatuur gratis voorsien het en La Donna vir die intieme kuierplek en koffie agterna. Voorwaar ‘n genoeglike aand!

No comments: