Translate

Friday, October 9, 2009

Cutt Glas

Met a capella sang in kabaretstyl het Cutt Glas op 26 September 'n gehoor van om en by 450 mense in Stilbaai se Gemeenskapsaal vergas. Die vyf dames se uitvoering het groot byval gevind, met hier en daar 'n puris of twee wat gemor het, want Stilbaai Musiekvereniging het hiermee effens afgewyk van die gewone klassieke musiekresep. Die groep se musiek was, soos gewoonlik, ‘n mengsel van jazz, pop, rock & roll en klassieke musiek, deurvleg met vlymskerp, pittige en humoristiese sosiale en politieke kommentaar wat met die groep se gebruiklike professionaliteit uitgevoer is. Die klankstelsel het daartoe meegehelp dat sommige van die dames se woorde soms half verdrink is deur die harde musiek. Wat my egter veral weereens beïndruk het, was die ongelooflike tempo waarteen wysies en stemme en woorde met repartee in-mekaar en deur-mekaar vleg, om 'n pragtige klankryke geheel te vorm - sommer so sonder begeleiding, behalwe dié verskaf deur hul eie stemme. .
Reon Meij

No comments: