Translate

Monday, May 25, 2009

Nuusbrief 4 2009

Die klavier is hier !! Voortaan sal ons dit in die NG Kerksaal-Oos vir konserte aanwend. Baie dankie aan almal wat ons in hierdie grootse poging om 'n goeie instrument te bekom, gehelp en ondersteun het.


Die klavier word op 24 Mei ingewy met "Prente by ’n Uitstalling" van Moussorgski. Tersia Visser-Downie is die pianiste en sy word bygestaan deur Philip de Vos wie spesiaal tekste geskryf het om Moussorgski se toondigte te begelei. Hy lees sy verse tussen elke klavier-beweging van hierdie interessante en briljante klavierwerk. Die 10 toonverse sluit in: Kuikenballet, Die Ou Kasteel, Katakombes, Die Heks Baba-Jaga, en Skinderbekke Die produksie is beide liries en humoristies en is ’n uitstekende kombinasie van woordkuns en klassieke musiek.

Goeie nuus - Cutt Glass is gefinaliseer vir 23 September. Teken dit sommer noual aan!

No comments: