Translate

Sunday, November 30, 2008

Nuusbrief 12 2008

Kersseisoen: Stilbaai Desember 2008

Ons staan aan die vooraand van daardie tyd wanneer die permanente Stilbaaibewoners plegtig vir mekaar tot siens sê, want sien: die kinders kom – en die kinders se kinders. En daar is immers niks lekkerder vir ‘n ouma as kleinkinders nie. Veral omdat jy weet jy kan die goedjies teruggee vir hulle ma’s as hulle te lastig word.

Then, in January, we say hello again and go on with our privileged lives. This year, however, before that happens, the Stilbaai Music Society has arranged a special treat - the Drakensberg Boys’ Choir.

Die Drakies kom doen hulle tradisionele Kersprogram in Kaapstad gedurende die Kersseisoen. In hulle reklame-brosjure lees ons iets van waarna ons kan uitsien:

"Noël 2008 promises to bring an exciting array of festive music. Our new Music Director, Dr. Johann van der Sandt will be conducting this exciting mixed repertoire, bringing a message of good faith to the Advent and Christmas Period. Featuring Arvo Pärt's Bogoroditse Djevo, extracts from GF Händel’s Messiah, Barry Manilow’s Because it’s Christmas as well as Save the Children.

‘n Kenmerk is dat die koor deurlopend lede werf. Seuns met goeie stemme wat nog nie gebreek het nie, kan na die uitvoering ‘n stemtoets doen met die oog op opname in die koor. Die skool kom – al 102 seuns asook ‘n ondersteunende personeel wat die toergroep op 113 te staan bring. En ons huisves hulle vir twee dae. Die Bestuur kon aan geen beter Kersgeskenk aan sy lede en die breë gemeenskap van Hessequa dink as om hierdie geleentheid te benut nie. Hulle koormeester, Dr. Johan van der Sandt, is natuurlik aan Stilbaaiers bekend – dis hy wat ‘n paar jaar gelede “Singkronies” (‘n koor van volwassenes) - hierheen gebring het en die aand ‘n skitterende uitvoering gelewer het.

Om teleurstelling te voorkom, koop u kaartjies vooruit.

No comments: