Hierdie ensemble geniet dit beslis om saam musiek te maak en hulle entoesiasme was aansteeklik!
Die program het
luidkeels afgeskop met die bekende en geliefde Trumpet Voluntary, waarna
die kalmer Pachelbel Canon gevolg het met ‘n baie interressante
verwerking deur Walter Barnes. Die werk vra vir uitdagende asembeheer, wat
uitstekend hanteer is en gesorg het vir ‘n baie ritmiese klimaks! Die groep se
intonasie en suksesvolle samespel het beĭndruk!
Handle’s beloved Largo
was performed almost tenderly, creating excellent dynamic differences that
demonstrated good control on a brass instrument. The exuberant Hallelujah
Chorus by Mozart, deserves mention - the interweaving of the melody between
instruments was carried out with great care, as it was originally written as
choral music and great differences in dynamics are required.
Daarop het die Locus
Iste, ook ‘n koorverwerking, gevolg, waar die sagter dele uiters begaafd
uitgevoer is met perfekte spoed, tydsberekening en frasering. Die skuiftrompet
het ‘n musikale toertjie volvoer in My Heart ever Faithful!
Die 2 mars-agtige werke
van Bizet, Farandole en Toreadore was voorwaar feestelik en
energiek, terwyl Just a Closer Walk gewys het dat koperinstrumente ook
nostalgiese/deernisvolle oomblikke kan optower.
A very touching, humorous
Frere Jacques arrangement followed, leaving the concertgoer with a smile
over a melody from everyone’s youth! Amazing Grace really touched the
heartstrings, where the melody was successfully woven between the “voices”,
with the stalwart tuba carrying everyone as if in a safety net.
‘n Baie treffende,
humoristiese, Frere Jacques- verwerking het gevolg, wat die konsertganger met
‘n glimlag gelaat het met ‘n melodie uit almal se jeug!
Die gehoor was op hul
voete toe die “encore” ons aangryp met die massiewe klank van die “Highland
Cathedral” en ‘n bekende Stilbaaier (en lid van die musiekvereniging) Jimmy, instap
met sy doedelsak! Dit was ‘n groot bederf en is ontvang met waarderende
entoesiasme!
Kortom – n heerlike suksesvolle aand wat almal met n warm gevoel om die hart gelaat het.
Petro
No comments:
Post a Comment